
Aantekening: Die deliktuele klas- of groepaksie in Suid-Afrika
2020-06-22"Die oogmerk of doel van hierdie bydrae is om perspektief te gee op die sogenaamde klasaksie (wat in ons reg nog grootliks in sy kinderskoene is) om aan te dui wat die funksie en vereistes daarvoor spesifiek op die gebied van die deliktereg is, en om terselfdertyd die enigste en daarom belangrikste beslissing op hierdie gebied onder die loep te neem."

Vonnisbespreking: Deliktuele vergoeding weens verlies (“bereavement”) as gevolg van ’n sterfgeval in die familie
2020-04-14"Daar kan met redelike sekerheid voorspel word dat die howe in die toekoms te doen sal kry met gevalle waar daar wel swaar verlies en verdriet voorkom weens die dood van ’n familielid sonder dat daar regtens vir die moontlikheid van deliktuele vergoeding voorsiening gemaak word."

Vonnisbespreking: Risikoskepping en die middellike aanspreeklikheid van werkgewers: ’n belangrike ontwikkeling
2019-12-06“Sodanige verhoogde risiko van benadeling is in die besonder aanwesig waar werknemers in ’n posisie van vertroue of gesag, wat die moontlikheid van misbruik skep, geplaas is.”

Vonnisbespreking: Belastering van openbare figuur
2019-08-22"Hulle het geensins redelike stappe gedoen om van die lasterlike bewerings te verifieer nie en ook nie die applikant ’n kans gegun om op die bewerings te reageer nie."

Vonnisbespreking: Onregmatige arrestasie en daaropvolgende gevangehouding: die kousaliteitskwessie
2019-04-29"In De Klerk beslis die hof dat die onregmatige arrestasie en die daaropvolgende onregmatige aanhouding duidelik uitmekaar gehou moet word. Die polisie is slegs aanspreeklik vir die arrestasie en die twee ure aanhouding voordat die eiser voor die hof gebring is."

Vonnisbespreking: Sorgsaamheidsplig van ouers teenoor kinders
2018-05-16"Die verweerders ontken dat hulle nalatig was en voer aan dat die beserings deur die uitsluitlike nalatigheid van die kind se moeder veroorsaak is, omdat sy haar na die verweerders se perseel gebring het, wel wetende dat daar ’n swembad en onbeskermde visdam is waarin sy kon val ..."

Vonnisbespreking: Die reg op privaatheid en outonomie
2018-05-02"Hier was die kernvraag na die geldigheid van wetgewing wat die gebruik, besit, koop en kweek van Cannabis (dagga of hennep) vir persoonlike gebruik in die privaatheid van ’n woning verbied in die lig van die staat se regverdiging vir sodanige beperking op privaatheid."

Allegations of adultery: actionable defamation?
2017-08-17"Allegations of adultery still put a person’s moral character and lifestyle in a bad light, are therefore defamatory in nature, prima facie wrongful, and should in principle still found a defamation action."

Vonnisbespreking: Bewerings van owerspel: gedingsvatbare laster?
2017-08-17"Bewerings van owerspel val duidelik binne hierdie kategorie en sal sekerlik die slagoffer se goeie naam of aansien in die oë van die redelike persoon nadelig tref. Huwelikstrou word steeds op grond van die morele en godsdienstige oortuigings van die gemeenskap hoog geag en huweliksontrouheid weens owerspel veroordeel en as blaamwaardig beskou."

Vonnisbespreking: Die regspraak bevestig die gedingsvatbaarheid van afrokkeling as iniuria
2017-04-27"Alhoewel dit vasstaan dat afrokkeling ’n selfstandige skuldoorsaak uitmaak, het die howe hulle nog selde uitgelaat oor die vraag of dié optrede ’n iniuria daarstel, wat omskryf word as die onregmatige en opsetlike aantasting van ’n persoonlikheidsbelang."

Vonnisbespreking: Swembaddens, visdamme, ander waterpoele en kinderslagoffers – deliktuele aanspreeklikheid
2017-04-20"Desnietemin rus die primêre verantwoordelikheid vir die veiligheid van kinders op hul ouers. Dit is hul plig om toe te sien dat hul kinders nie alleen ronddwaal op persele waar gevare skuil nie, al is dit net vir ’n baie kort tydjie."

Vonnisbespreking: Bemoeiing met ’n uitsluitende kontraktuele verhouding getroef deur vrye mededinging
2017-03-23Johann Neethling en Johan Potgieter bespreek vier sake waarin beweer is dat Masstores ’n delik gepleeg het deur bemoeiing met die uitsluitende ooreenkoms tussen ’n voedselkleinhandelaar (Pick n Pay of Shoprite Checkers) en die eienaar of verhuurder van ’n winkelsentrum ingevolge waarvan die voedselhandelaar die eksklusiewe reg gehad het om voedsel in die sentrum te verkoop.

The careful business rescue practitioner: a search for the proper yardstick
2016-09-27"The article focuses on an in-depth exploration of the objective and subjective elements of such a reasonable practitioner test and considers all the relevant facts and circumstances that will be of importance during business rescue proceedings."

Die sorgsame ondernemingsreddingspraktisyn: ’n ondersoek na die gepaste maatstaf
2016-09-26"Dit staan vas dat die ondernemingsreddingspraktisyn ’n regsplig het om met die nodige sorg en vaardigheid met die sake van die maatskappy in nood om te gaan."

Delictual liability for an omission: wrongfulness and negligence
2016-03-29"If the essential functions of these two delictual elements are kept in mind, namely, in the case of wrongfulness of and omission, whether there was a legal duty on the actor to prevent harm by positive conduct, and if so, in the case of negligence, whether the reasonable person would have foreseen damage and taken steps to prevent it, there can be no question of confusion."