Johann Neethling

Johann Neethling is gebore in Clocolan in die Oos-Vrystaat en het grootgeword as ’n “boy from Bethulie” (Patrick Mynhardt) in die Suid-Vrystaat. Na matriek in 1963 behaal hy sy BA LLB aan die Vrystaatse Universiteit.

Sy akademiese loopbaan neem in 1970 ’n aanvang by Unisa, waar hy die volgende 40 jaar in verskillende hoedanighede werksaam is. As dosent en navorser spits hy hom toe op die deliktereg (in die besonder persoonlikheidsreg en onregmatige mededinging). Hy verwerf ’n LLM aan die Universiteit van McGill in Montreal, Kanada en in 1976 ’n LLD oor die reg op privaatheid aan Unisa. Hy is deeltyds betrokke by die onderrig van studente aan die Universiteite van Pretoria, Johannesburg, Noordwes, KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg) en Brescia in Italië, en is die promotor en studieleier van verskeie proefskrifte en LLM-verhandelinge. By Unisa dien hy onder andere as hoof van die Departement Privaatreg, Dekaan van die Regsfakulteit, voorsitter van die Dekanekomitee, lid van die Uitvoerende Komitee van die Senaat en lid van die Universiteitsraad. Hy tree verskeie kere op as eksterne moderator vir kursus- en departementele beoordeling, asook as lid van senior bevorderings- en aanstellingskomitees aan ander universiteite. Hy dien vir tien jaar as lid van die Regterlike Dienskommissie, wat hoofsaaklik met die aanstelling van regters gemoeid is. In 2010 tree hy af as emeritus professor by Unisa en in 2011 word die kringloop van sy loopbaan voltooi deur sy terugkeer na sy alma mater, as senior professor in die Departement Privaatreg van die Universiteit van die Vrystaat.

Neethling het ’n uitgebreide publikasierekord. Nege regshandboeke, talle hoofstukke in boeke en meer as 200 artikels in geakkrediteerde regstydskrifte het onder sy naam verskyn. Die howe (Hooggeregshof, Appèlhof en Konstitusionele Hof) verwys dikwels met goedkeuring na sommige van hierdie publikasies, veral die handboeke. Sedert 1990 het hy meer as 25 referate by nasionale en internasionale konferensies gelewer.

Hy was elf jaar redakteur van Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg (THRHR). Hy is lid van die Vereniging Hugo de Groot, beheerliggaam van die THRHR, en dien in die redaksiekomitees van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Handelsreg, De Jure, Tydskrif vir Regswetenskap, en die Potchefstroom Elektroniese Regstydskrif. Hy was ook vir sewe jaar nie-uitvoerende direkteur van Butterworths (nou LexisNexis) uitgewers.

Hy neem deel aan verskeie nasionale en internasionale navorsingsaktiwiteite. Hy was onder meer lid van die Assessment Panel for Law van die Nasionale Navorsingstigting (NRF), en leier van projek 124 van die Suid-Afrikaanse Regshervormingskommissie oor privaatheid en die beskerming van persoonlike inligting. Die Wetsontwerp op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2009 dien tans voor parlementêre komitees. Hy is ’n navorsingsgenoot van die Europese Sentrum vir Delikte- en Versekeringsreg in Wene, Oostenryk, en ’n senior navorser van die Onderzoekschool Ius Commune in Maastricht, Nederland, waar hy bydraes gelewer het tot verskeie gesiene internasionale publikasies, onder andere die Elgar Encyclopedia of Comparative Law (2006) en die liber amicorum (of Festschrift) vir ses vooraanstaande Europese delikteregsgeleerdes. In 1995 sluit hy op uitnodiging van prof. J. Spier, advokaat-generaal van die Hoge Raad der Nederlanden, aan by die European Group on Tort Law as die Suid-Afrikaanse lid. Die Groep bestaan uit delikteregdeskundiges uit 18 Europese lande, die VSA, Israel en Suid-Afrika. Die aanvanklike doel van die Groep, naamlik om Europese beginsels van die deliktereg te formuleer, is bereik deur nasionale verslae oor bepaalde onderwerpe wat tweejaarliks by werkswinkels in Europa bespreek is en waaruit algemeen aanvaarbare beginsels afgelei is. Onderwerpe waarop gefokus is, is onregmatigheid, skuld, kousaliteit, skade en skadevergoeding, strikte aanspreeklikheid, aanspreeklikheid vir skade deur andere veroorsaak, bydraende skuld en mededaders. Aparte boeke is oor al agt onderwerpe gepubliseer. Die finale weergawe van die beginsels is in 2005 aangebied by ’n konferensie in Wene, Oostenryk. ’n Boek wat die finale weergawe bevat asook kommentaar op elke beginsel, het ook op die rak verskyn. Vanaf 2006 was die Groep dormant, maar in 2009 herleef sy navorsingsaktiwiteite. ’n Projek oor kousale proporsionele aanspreeklikheid is intussen deur die Groep voltooi en tans word aandag aan staatsaanspreeklikheid geskenk.

Neethling ontvang etlike toekennings, pryse en beurse vir navorsing: Die Vrystaatse Balieprys as beste LLB-student word in 1969 aan hom toegeken. In 1993 ontvang hy die Toon van den Heever-prys vir regswetenskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy boeke Persoonlikheidsreg, Deliktereg en Onregmatige Mededinging. Hy ontvang ook navorsingstoekennings van Unisa: die Raadstoekenning vir uitsonderlike akademiese meriete in 1991, die Kanseliersprys vir die beste regsnavorser in 1997, en die Raadsvoorsitter se toekenning vir onder meer uitmuntende navorsingsuitsette in 2005. In 2008 ontvang hy ’n B1-gradering van die NRF vir die kwaliteit en impak van sy navorsingsuitsette en as ’n toonaangewende internasionale kenner op sy gebied. Beurse het Neethling in staat gestel om talle navorsingsbesoeke aan buitelandse universiteite te bring, meestal in Europa, maar ook in die VSA, Australië en Nieu-Seeland. Die belangrikste hiervan was die beurse van die Alexander von Humboldt-Stiftung in 1982 en 1993 om aan die Max-Planck-Institut in München, Duitsland oor onregmatige mededinging navorsing te doen, asook ’n groot jaarlikse toekenning van die NRF vir ses opeenvolgende jare (2009–2014). Noemenswaardig is laastens die besoek aan Beijing, China in 2000, waar hy ’n regsdekane-konferensie by die Renmin Universiteit bygewoon het. By hierdie geleentheid het hy namens die dekane uit Afrika die universiteit met sy 50ste bestaansherdenking gelukgewens voor 5 000 mense in die Great Hall of the People.


Vonnisbespreking: Swembaddens, visdamme, ander waterpoele en kinderslagoffers – deliktuele aanspreeklikheid

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2017-04-20

"Desnietemin rus die primêre verantwoordelikheid vir die veiligheid van kinders op hul ouers. Dit is hul plig om toe te sien dat hul kinders nie alleen ronddwaal op persele waar gevare skuil nie, al is dit net vir ’n baie kort tydjie."

Vonnisbespreking: Bemoeiing met ’n uitsluitende kontraktuele verhouding getroef deur vrye mededinging

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2017-03-23

Johann Neethling en Johan Potgieter bespreek vier sake waarin beweer is dat Masstores ’n delik gepleeg het deur bemoeiing met die uitsluitende ooreenkoms tussen ’n voedselkleinhandelaar (Pick n Pay of Shoprite Checkers) en die eienaar of verhuurder van ’n winkelsentrum ingevolge waarvan die voedselhandelaar die eksklusiewe reg gehad het om voedsel in die sentrum te verkoop.

The careful business rescue practitioner: a search for the proper yardstick

Lézelle Jacobs, Johann Neethling Academic research 2016-09-27

"The article focuses on an in-depth exploration of the objective and subjective elements of such a reasonable practitioner test and considers all the relevant facts and circumstances that will be of importance during business rescue proceedings."

Die sorgsame ondernemingsreddingspraktisyn: ’n ondersoek na die gepaste maatstaf

Lézelle Jacobs, Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2016-09-26

"Dit staan vas dat die ondernemingsreddingspraktisyn ’n regsplig het om met die nodige sorg en vaardigheid met die sake van die maatskappy in nood om te gaan."

Delictual liability for an omission: wrongfulness and negligence

Johann Neethling, Johan Potgieter Academic research 2016-03-29

"If the essential functions of these two delictual elements are kept in mind, namely, in the case of wrongfulness of and omission, whether there was a legal duty on the actor to prevent harm by positive conduct, and if so, in the case of negligence, whether the reasonable person would have foreseen damage and taken steps to prevent it, there can be no question of confusion."

Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid weens 'n late: onregmatigheid en nalatigheid

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2016-03-29

Hierdie bespreking neem die kernkwessies onregmatigheid en nalatigheid onder die loep om moontlike verwarring uit die weg te ruim en duidelikheid oor die toekomstige toepassing van die twee delikselemente te probeer bring.

Liability for an omission: Reconciliation between the traditional and new test for delictual wrongfulness, or not?

Johann Neethling Academic research 2015-12-03

"In contradistinction to previous judgments of Brand JA, in this case he was willing to reconcile the traditional boni mores test for wrongfulness with the new test for wrongfulness as the reasonableness of holding the defendant liable."

Aanspreeklikheid weens ’n late: Versoening tussen die tradisionele en nuwe toets vir deliktuele onregmatigheid, of nie?

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2015-12-03

"Aangesien ons howe ’n konserwatiewe benadering tot die uitbreiding van Aquiliese aanspreeklikheid volg en daar nie voldoende positiewe beleidsoorwegings was wat aanspreeklikheid rugsteun nie, verdien die slotsom dat die late nie onregmatig was nie, instemming. Dan geld die basiese uitgangspunt in ons reg dat skade rus waar dit val (res perit domino)."

Adultery as actionable ground of action

Johann Neethling Academic research 2015-07-21

"One can accept that since adultery is no longer wrongful, the interdict would also not be at the disposal of the innocent spouse, as wrongfulness is a requirement for the interdict."

Vonnisbespreking: Owerspel as gedingsvatbare aksiegrond

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2015-07-21

Wat is die impak van die hof se beslissing dat owerspel nie meer onregmatig is nie?

Action for wrongful suffering through disability (wrongful life)

Johann Neethling, Johan Potgieter Academic research 2015-06-29

"We submit that the action for wrongful suffering through disability (wrongful life) should indeed be recognised within the sphere of the law of delict, as all the elements of a delict can comfortably be accommodated within the field of application of the action."

Vonnisbespreking: Aksie weens onregmatige lyding vanweë gestremdheid (wrongful life)

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2015-06-25

"Ons doen aan die hand dat die aksie weens onregmatige lyding vanweë gestremdheid wel binne die sfeer van die deliktereg erken behoort te word, omdat al die elemente van ’n delik goedskiks binne die toepassingsgebied van die aksie neerslag kan vind."

Verbreking van die psigologiese kontrak tussen werknemer en werkgewer, en gedingsvatbare persoonlikheidskrenking

Johann Neethling, Annette Snyman LitNet Akademies (Regte) 2015-03-06

"Afgesien van die formele, skriftelike dienskontrak tussen werkgewers en werknemers, bestaan daar ook ’n stel ongeskrewe wedersydse verwagtinge tussen hierdie partye: sogenaamde psigologiese kontrak."

Vonnisbespreking: Openbare figuur – Laster, belediging en identiteitskending

Johann Neethling 2014-06-23 Openbare figure kan beskryf word as pesone wat op sodanige wyse reeds in die openbaar bekend geraak het vanweë hulle status, amp, beroep, doen, late en misdade dat hulle openbare belangstelling gaande maak sonder dat hulle noodwendig aan ’n nuuswaardige gebeurtenis gekoppel is.

Vonnisbespreking: Facebook en persoonlikheidsbeskerming

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2014-01-29

Toegepas op Facebook, beteken dit dat die persoonlike inligting wat ’n gebruiker op Facebook plaas deel van sy of haar privaatheid vorm en dat enige ongemagtigde kennisname deur ’n buitestander van sodanige inligting prima facie onregmatig sou wees.

Top