Biebouw-resensies
Die Biebouw-resensies, wat ondersteun word deur Grapetown Capital (Pty) Ltd, het dit ten doel om ’n oop gesprek tussen skrywers, lesers en resensente aan te moedig.
Grilbrigade laat die jeug weer skrikwakkerregop sit
2011-12-15 Fanie Viljoen, die Vrystaatse jeug- en kinderboekskrywer, het dit as missie om die jeug aan die lees te kry en dit so te hou. Hierin slaag hy met vleuels aan die voet. Opvallend van sy skryfstyl is sy trefseker woordgebruik, fantastiese verbeelding en skerp sin vir humor.Skrapnel as sleutelmetafoor
2011-12-14 ’n Jong, wit, Afrikaanse man is op een van die moltreine in Londen waarin daar op 7 Julie 2005 ’n bom ontplof.Boereoorlogstories in ’n gesoute samesteller se hande
2011-12-14 Die twee sentrale gebeurtenisse in die Afrikaners se geskiedenisbewussyn, die Groot Trek en die Anglo-Boereoorlog, het al tot heelwat geskrifte – wetenskaplike geskiedskrywing sowel as fiksie – aanleiding gegee. Dis egter opmerklik dat oor nóg ...Die see, die Vrou
2011-12-14 Was die keuse vir die titel van die drama, Die see, ’n slordige fout of net ondeurdag?Kronkelpad trek al die los drade bymekaar
2011-12-13 “Die lewe loop soms vreemde kronkelpaaie met ’n mens,” vertel Lettie Louw se ma haar op skool nadat sy, soos vele ander meisies, tevergeefs op die gewilde en aantreklike De Wet Fourie verlief raak, “maar elke pot kry op die ou end sy eie deksel.”Weerlig van die ongeloof spreek van tematiese verskeidenheid en geslaagde natuurbeelding
2011-12-13 In ’n onderhoud wat Bibi Slippers op 10 November met Johann de Lange gevoer het oor sy jongste bundel, verwys Johann na die skildery van Judith Mason op die voorblad en merk op ...Streekselement gee bestaansreg aan Bitter heuning
2011-12-08 Volgens SASOL se Vetplante van Suid-Afrika is die Sandveld ’n “sanderige, plat area met rotsriwwe” en strek dit vanaf Alexanderbaai in die noorde tot Bloubergstrand in die suide.Bloedwater is onderhoudend en goed uitgewerk
2011-12-07 Na Douwleen Bredenhann se emosiebelaaide debuutroman, ’n Hemelhoë hekkie, volg Bloedwater, ook ’n roman waarin ’n familie uitmekaar geskeur word. Vir die lesersmark nog ’n populêre tema as dit onder die topverkopers val.Gedeeltes van Wildvreemd boei
2011-12-06 Die motto voorin Wildvreemd is uit die Jungiaanse analis en storieverteller Estés se Women who run with the wolves. Contacting the power of the wild woman (1992): “Nag na nag word ons gebore uit dieselfde wilde droom.” Die wolf is vir Estés die argetipe ...Barend Vos se ’n Dorp soos Silwer Streams vat die platteland aan
2011-11-29 Toe ek die resensiekopie ontvang en agterop lees die boek is ’n “literêre debuut”, wou ek vra vir wat ’n dominee-skrywer wat waarskynlik heel goed vaar met sy kontreivertellings en Bybelromans wil oorloop na die dark side. Dáár hou skribbelaars ...Hiervandaan: Baie meer as ’n road movie
2011-11-24 Hulle is besig om dood te gaan. Die ooms wat Old Spice gedra het. Die ooms wat kortbroeke, kniekouse en pampoengeel Grasshoppers gedra het. Die ooms wat nooit oorsee gegaan het nie.Inspring, kêrels! – Waarvoor dié heruitgawe?
2011-11-15 My heel eerste vraag met die herlees van PJ Schoeman se Inspring, kêrels! was: Vir watter mark is hierdie boek (die heruitgawe van die oorspronklike boek wat in 1960 verskyn het) bedoel? Die vraag het my van begin tot einde gepla. Daarmee saam ...Droomdelwers: ’n Kontreiverhaal wat maklik lees
2011-10-19"Al weet die leser dat die goeie karakters gaan triomfeer en die skurke sal boet vir hulle dade, hou die spanningslyn jou aan die raai en wonder, tot aan die einde. Dan word die laaste geheime uiteindelik oopgevlek."
