Pretoria bly Pretoria

  • 9

AfriForum het betroubaar verneem dat die Tshwane-metroraad besluit het om die openbaredeelnamevergaderings, wat hulle op 12 Oktober oor die verandering van Pretoria se naam sou hou, te kanselleer, nadat dit duidelik geword het dat AfriForum se veldtog ter behoud van Pretoria se naam oorweldigende steun van die publiek ontvang het. Binne enkele dae nadat AfriForum sy veldtog van stapel gestuur het, het meer as 160 000 lede van die publiek reeds per SMS hulle stem ter behoud van Pretoria se naam laat hoor deur hulle naam na 31481 te SMS.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die kansellasie van die openbare vergaderings ? oorwinning vir almal wat deur die sosiale media en per SMS druk op die metroraad geplaas het om nie voort te gaan met die naamsveranderingsproses nie.

“Die metroraad se plan om die uitslag van verlede jaar se openbaredeelnameproses, waartydens 81% van deelnemers ten gunste van Pretoria se naam was, te omseil met ? nuwe proses op 12 Oktober, is in sy spore gestuit deur die praktiese demonstrasie van die oorweldigende steun vir Pretoria se naam,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat die oorwinning met die kansellasie egter nie beteken dat die stryd vir Pretoria se naam finaal gewonne is nie. Volgens hom sal AfriForum en voorstanders van Pretoria se naam steeds op hulle hoede moet wees en aanhou om steun vir Pretoria te wys. Kriel het daarom aangedui dat AfriForum sy SMS-petisieveldtog voortsit en ook op Saterdag, 2 November weer ? musiekfees by die Voortrekkermonument gaan hou om steun vir Pretoria se naam te wys.

“Dit is nodig, aangesien die ANC die proses om Pretoria se naam te verander, sal voortsit, sou hulle vermoed die steun vir die hoofstad se naam begin taan,” het Kriel bygevoeg.

Volgens Kriel is AfriForum gereed vir die gebeurlikheid indien die metroraad op kort kennisgewing openbaredeelnamevergaderings sou reël om die proses vinnig deur te stoomroller.

“Die nuwe tegnologie en sosiale media maak dit gelukkig moontlik om die meer as 160 000 mense wat per SMS hulle steun vir Pretoria gewys het, op kort kennisgewing te mobiliseer en in te lig van enige nuwe rondte openbare vergaderings,” het Kriel gesê.

AfriForum het die publiek by monde van Kriel bedank vir hulle voortgesette steun ter behoud van Pretoria se naam, “aangesien die afwering van die naamsverandering die afgelope agt en ? half jaar, nie moontlik sou wees sonder die oorweldigende steun van die publiek nie.”

Waar was Dan Roodt en sy patetiese organisasie Praag met dit alles? Praatsiek, maar geen daadwerklike openbare ondersteuning vir AfriForum se inisiatiewe nie.

Dis heel duidelik Afrikaners in oorweldigende getalle staan saam met AfriForum. Praag net die paar honderd suurgat gekkegrensers.

Jaco Fourie

  • 9

Kommentaar

  • Aan Jaco Fourie

     
    Staak jou persoonlike aanvalle teen Dan Roodt. Jou giftige skrywes laat 'n slegte smaak in die mond wat dit betref.  Het jy enige bewyse dat PRAAG ondersteuners nie ook Afriforum se inisiatief ondersteun het nie ? 
    Groete,
    Et1
  • Ek weet nie Jaco, as ek die petalje so betrag dan smaak dit my ons is reeds in Post-toria, Pretoria is toeka verby.

     

    Wees gegroet

    Duitswester

  • CorneliusHenn

    Beste Et1,  

    Jaco Fourie dien as 'n tipiese volbloed - dog gemiddelde - politiek geskape Afrikaner (soos hy ook graag met homself hier spog).  

    As sulks, is dit vanselfsprekend dat hy nie 'n benul omtrent die werklike toedrag in die land se politiek het nie.  

    'n Vereenvoudig en kort 'n samevatting uit vele rakende AfriForum en die "regse" VF Plus se standpunte in die openbaar:

    Die VF Plus is ‘n politieke party en AfriForum, ‘n burgerlike organisasie. Omdat dit twee onafhanklike organisasies is wat op verskillende terreine werk, kan hulle nie in kompetisie met mekaar wees nie. Waar die twee organisasies soms met dieselfde sake besig is, werk hulle vrywillig saam. In ander gevalle is die prioriteite van die organisasies totaal verskillend.  

    Verskillende voorbeelde hiervan kan genoem word. Een daarvan is die feit dat die VF Plus en AfriForum byvoorbeeld saam die Tshwane-metroraad in die hof gepak oor die verandering van Pretoria se naam. 

    Die VF Plus is die eerste applikant en AfriForum die tweede.  

    Mense wat dink dat slegs ‘n burgerlike organisasie soos AfriForum - of slegs ‘n politieke party soos die VF Plus nodig is om druk op die regering te sit, verstaan nie die ANC en die huidige politiek nie. In hierdie krisistye waarin alle Afrikaners hulle bevind, is groter samewerking tussen belanghebbendes en organisasies nodig.

    Enigeen wat spanning tussen Afrikanerorganisasies skep, is gewis  onverantwoordelik en verloor die groter saak uit die oog. 

    Katolieke Boeregroete, 

    Cornelius Henn

  • ET

    Dit is ironies hoe Rooi Daantjie ondersteuners beswaar maak wanneer hy vir sy stront vasgevat word, maar verheug hulle saam met hom wanneer hy ander, soos bv Hellen Zille vieslik afkraak as Botoxzille, om net een van vele voorbeelde te noem.

    Lees oa. my respons op Jan Rap se brief "Vraag vir Jaco" 18/11/13.  waar ek bewyse gee mbt. AfriForum viz a viz Praag.  https://www.litnet.co.za/Article/brief-vraag-vir-jaco.

    Jaco Fourie

  • Duitswester

    Daar is vier wetenskaplike maniere om krisisbestuur te hanteer:

    1. Kompromiebestuur:  'n Verloor, Verloor situasie, waarby alle partye iets verloor of moet  prysgee om konsensus te kan bereik.  Dit het gebeur met Kodesa.  Die botsende partye moes verskeie skikkings beding om uiteindelik tot Deelnemingsbestuur te kon oorgaan.

    2. Deelnemingsbestuur:  'n Wen, Wen situasie.  Dit was wat by Kodesa be-oog was, en aanvanklik, onmiddelik na Kodesa, het dit toe goed gewerk.

    Indien Deelnemingsbestuur nie meer wil werk nie, dws, waar een of die ander partye in 'n botsende situasie verkeer, moet op ander moontlikhede aan gedink word.

    3. Agressiebestuur:  'n Wen, Verloor situasie.  Die aggressor (die ANC) die wenner, die verloorder, (die Afrikaner) moet deur die aggressor in dwang geforseer word.  Verskeie wetgewing is in plek, deur die ANC aangebring om rasseskeiding te institusioneel.  Word die dwang ondraaglik, dan word die verloorder ook mettertyd 'n aggressor, en dit is wat tans besig is om te gebeur.  Die Afrikaner veg nou terug, veral in die vorm van AfriForum met die Kostitusie en die howe as sy sterkste wapens. Op sy ergste kan na geweld deur al die partye oorgegaan word.

    4. Onttrekking:  'n Wen, Verloor situasie.  Indien die Afrikaner nie meer kans sien om die ANC (die wenner) aan te vat nie, is daar (a) voortvlugting (soos Duitswester) na die buiteland, (b) binnelands, gedwee onderdanigheid.

    Die sirkel kan herhaal word vanaf aggressie,  waar kompromie eers aangegaan word ten doel om deelnemingsbestuur te kan implimenteer.

    Suid Afrika sal eers 'n volwaardige demokrasie wees, waar al sy burgers gelyke regte, sonder enige vorm van voorveroordeling, geniet.  Dit beteken in 'n multikulturele demokrasie dat elke indiwidu op suiwer meriete getakseer word, en dat geleenthede vir almal eenders is, met respek vir die deelnemende kulture wat sodanige demokrasie uitmaak.

    Jaco Fourie

  • Jaco,

    Jy is nog steeds beledigend in jou antwoord. Dit wil my voorkom dat jy goed is met byname gee, veral aan dié met wie jy verskil - en dan sal dit waarvoor hulle staan ook outomaties stront wees volgens jou. 
    Groete,
    Wit Et1 
    (Of het jy vir my 'n ander kleur in gedagte ? Dit kan nie rooi wees nie want arme "Daantjie het dit reeds.)
  • CorneliusHenn

    Jaco Fourie, is een van die voorste afkrakers  ... dog sal hy teem: "Hellen Zille vieslik
    afkraak as Botoxzille", om net een van vele voorbeelde te noem ... Jaco
    Fourie se Afrikanerhater Black Sash antie Zille,  is in alle opsigte opposisie
    vir AfriForum en enige ander Afrikanerorganisasie in die land (die politiek op Tuks se studenteraad dien as uistekende voorbeeld daarvan) ... 'n mens wil baie graag die jeug se ondernemingsgees
    bokant die gryses se ervaring stel, maar hoe op aarde regverdig Jaco Fourie sy propaganda
    vir AfriForum wyl hy aan sy antie Zille se bloomer hang? ... Jaco Fourie is
    tekenend van 'n dooie vis wat stroomaf dryf - ook so duidelik
    aan 'n hele gebreinspoelde generasie vandag ... Jaco Fourie is geen uitsondering in
    sy waan nie ... dis werklik tragies om te aanskou hoe gemiddeld sulke ideologiese
    dwalinge aan die politiek geskape Afrikanertjies is wat 1994 as hul jaar nul
    aanhef - PRESIES wat die Anglo en Amerikaanse elite in ons land wou het! ... ek wonder wie lag die lekkerste vir Jaco Fourie;  Kallie Kriel of sy liewe tannie Botoxzille?

  • Hoe gouer Pretoria se naam verander hoe beter.  Niemand assosieer Pretoria soos dit was, met Pretoria soos dit nou is, meer nie. 

  • ET1

    Dan = Daantjie. Roodt = Rooi, dus Rooi Daantjie.

    Jou kleur?  Ek sou se kleurloos.

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top