Dag Jaco
Onderaan jou brief van 12 deser (Afrikaanse vrou ruk Praag in die bek) sê jy van die Praag-webblad "Al wat by hulle uniek is, is die giftige propaganda wat Roodt saai."
Sê jy nou vir my: Wat op aarde sê Dan wat 'giftige propaganda' verteenwoordig? Om jou bewering waar te maak sal jy natuurlik voorbeelde uit elke stukkie wat Dan ooit geskryf het moet aanhaal, maar so drie of vier sal voorlopig genoeg wees om jou storie te staaf.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Jan
Rooi Daantjie lei sy volgelinge by die neus met oa. die volgende giftige propaganda:
1. Volkstaat sal gewesenlik word binne 5 jaar (2009 stelling). Die verkiesing is op hande. Die vooruitsig van volkstaat is steeds nie in die vooruitsig nie.
2. Hy het selfs 'n Afrikaner volkstaat in die moerasse van die Duitse deelstaat, Mecklenburg, voorgestel.
3. Hy het 'n volkstaat vanaf Pretoria tot Port Elizabeth voorgestel, en nog die wanindruk probeer skep daars reeds 40% Afrikaner besetting, waar S.A. Statistieke net gemiddeld 18% blankes (Engels & Afrikaners) het.
4. Nog 'n voorstel was van Pretoria oor Mphumulanga met 'n strook deur Zululand tot Richardsbaai.
5. Dit lyk asof hy nou tot die finale besef gekom het, 'n gebiedsvolkstaat is nie meer moontlik nie, nou opteer hy vir die kanton bestel.
6. In 'n rubriek verlede maand skets hy 'n scenario van 'n onafhanklike kanton bestel met Afrikaners as onafhanklike volk deelnemend in die Olympiese spele in Parys oor 11jr van nou af. (Vyf jaar nie meer, soos in 2009, voldoende nie).
Dan vir diegene wat belangstel. Daar kan in SêNet se argiewe onder my naam, vele ander voorbeelde lees waaroor ek Rooi Daantjie se propaganda al vasgevat het. Die opskrifte sal aandui watter briewe op Rooi Daantjie betrekking het.
Terloops. Rooi Daantjie se webblad Praag het 'n afdeling "Afrikaanse Nuus". Nou vir my beteken dit dat wat oor Afrikanersake nuuswaardig is sal jy daarin vind. Feitlik vind jy amper geen nuus daarin nie, en veral nie AfriForum se seges oor die ANC in die howe nie, soos bv. die oorwinning mbt tot Pretoria benaming; hul optredes om boere moorde onder die VN te bring nie, asook hulle voorgenome strategie om die boere te beveilig nie; ANC se opmars teenoor 'n Afrikaanse skool te laat stopsit; die onlangse suksesvolle Voortrekkermonument musiekfees; en nog vele ander gevalle, waarvan ek reeds onlangs van gemeld het. Sake wat kamptig na aan jou eie hart sit.
Om hierdie nuuswaardigheid van sy lesers te verswyg, is in sigself 'n vorm van propaganda.
Drie jaar gelede het Rooi Daantjie tot selfs 9000 "hits" op sy rubrieke gehad. Hierdie jaar sien ek 700 as die hoogste syfer sover. Van hulle selfs so laag as 200. Sy ondersteuning is vinnig aan die taan. Getroue ondersteuners wat self gereeld rubrieke in Praag geskryf het, is al vir die afgelope paar jaar stil, soos Anton Barnard, Vlad du Plessis, Jellica, ens.
Ek herhaal wat Kallie Kriel al gesê het aan die Mail and Guardian, nl: "We perceive the right-wing fringe groups, because that is what they are, as part of our past but who cannot bring us the future that a dynamic and forward-thinking “New Afrikaner” is looking for. They want to retreat where we want to advance. We always say we are fighting for a better future, not a better past".
Die verskil tussen jou en myself is dat ek veg vir 'n beter toekoms vir die Afrikaner, jy veg vir 'n beter verlede.
Jaco Fourie