Kop en skouers bo almal

  • 0

In enige groep, ten enige tyd, is daar altyd die EEN wat bo die res uitsteek. Hetsy persoonlikheid, skoonheid, intellegensie, fisiese voorkoms, status, gedrag, seksuele orientasie, ens. Dit is soos ‘n magneet wat die aandag onmiddelik tref; met of ‘n positiewe of negatiewe aanvaarding deur die persoon se waarneming van die betrokke persoon; be-invloed deur sy eie raamwerk van oorerwing en omgewings impak op sy lewe.

En waar daar iets buitengewoons is, is daar altyd iemand wat wil weet waarom? Hierdie “waarom” vorm deel van wetenskaplikes se soeke na antwoorde of verklarings daarvoor.

Bv. Die verwantskap tussen “leierskap” en intellegensie word naarstigtelik ondersoek, en nieteenstaande vele navorsing, ontgaan ‘n klinkklare antwoord die ondersoekers presies watter enkel of saamgestelde gemene eienskappe maak van ‘n persoon ‘n leier. Maar die “gut feel” deurgans bly dat die grote van intellegensie wel die deurslaggewende rol speel. Of dit wel die geval is al dan nie, sal na gelang van tyd en verdere navorsing mettertyd ‘n onteenseglike antwoord moontlik bekom word.

Dieselfde geld vir homoseksualiteit asook ander vorms van seksuele emosionele gedrag. Die wetenskaplike (nie die gay) se navraag is of dit uitsluitlik ten gevolg van enige vorm van oorerwing is, of uitsluitlik ten gevolg van sosiale en omgewings impak, of ‘n kombinasie van albei is.

Wat wel onteenseglik bewys is, is dat homoseksualiteit onder sekere deel van die totale homoseksuele bevolking definitief nie oorerflik is nie, veral in gemeenskaplike situasies waar die man of vrou toegang tot die teenoorgestelde geslag vir ‘n wyle ontse word, waar weersin tot seks met die teenoorgestelde geslag opgedoen is as gevolg van liefdes teleurstellings of selfs waar ekonomiese swaarkry (gay for pay) die persoon daarnatoe dryf. Sodanige homoseksualiteit word gewoonlik as “situational homosexuality” beskryf. Dws tydelik van aard en kan reggestel word. Voorbeelde is seuns of meisies in koshuise; lang termyn prisoniers; in veelwywer-gemeenskappe waar die geslagsbalans versteur word; in Moslem gemeenskappe soos bv. Afganistan waar vrouens gesluier en skaars op straat is, ens.

Wat aanleiding tot die idee gegee het dat daar moontlik ook ‘n oorerflike eienskap kan wees is sekere faktore wat ooglopend agtergekom word, veral in pre-puberteit kinders wat onbewus van homoseksuele gevoel en gedrag is, en tog als kandidate reeds sodanig uitgeken word. Pre-puberteit kinders wat selfs onder hulle peergroep as anders uitgeken en gewoonlik ook uitgejou word, sonder om juis te weet waarom.

Dan is daar ook studies rakende identiese tweelinge. In ‘n aantal gevalle waar sodanige tweelinge voor puberteit van mekaar geskei is, en na puberteit gevind hulle seksuele orientasie is soortgelyk.

In teenstelling wat godsdienstige fundamentalist wil voorgee dat gays ‘n “gay genome” voorstel, is dit eintlik heteroseksuele wetenskaplikes wat die moontlikheid daarvan ge-opper het. Vir die indiwiduele gay is hierdie studies om te ewe. Hy gaan nie anders optree ongeag die uiteindelike slotsom van enige studie nie. Die probleem met fundamentaliste godsdienstiges is dat enigiets wat nie volgens Bybelse voorskrifte is nie, insluitende ewolusie en ander sosiale Bybelse afwykings, definitief nie volgens hulle rekeninge wetenskaplik is nie. Alles word suimier afgeskiet, sonder die sekulere wetenskaplike toetse nie, waar sodanige toetse nie die toets van die Bybel haal nie.

Twee mans of vrouens wat ‘n seksuele liefde vir mekaar koester en wat volgens hulle teen die natuur indruis, omdat die Bybel of ander “heilige” skrif so se, moet geweldadig onderdruk word, hetsy deur kriminalisasie, tronkstraf, selfs die doodstraf toediening. Sodomie wat tussen mense van die teenoorgestelde geslag gereeld voorkom, is aanvaarbaar, maar tussen dieselfde geslag ‘n gruwel!

Wat is tog erger. ‘n Verpligte huwelik van seksuele onversoenbares wat albei partye se lewens in die proses versuur, moontlik ook die van hul kinders s’n; of ‘n samesyn van twee wat seksueel met mekaar emosioneel kan verbind, al is dit met dieselfde geslag? Die meeste homoseksuele mans kan hoegenaamd nie ‘n ereksie met ‘n vrou kry nie, en indien wel, is dit omrede hy met toe oe hom verbeel sy vrou is ‘n man; en die godsdienstiges wil daardeur he die arme vrou moet selibaat en ongelukkig bly, selfs haar dryf tot buitehuweliks-bevrediging, sodat sy deur die einste godsdienstiges as hoer gestenig kan word!!

Raed-na-Gael se satiriese melding van die “gay-genome”, https://www.litnet.co.za/Article/brief-die-kyk-vuur-knetter-slaperig is ‘n tipiese toonbeeld van godsdienstiges se onkunde mbt gays. Die godsdienstige se vereenvoudigde geloof is dat gaywees ‘n voorbedagte voorkeurkeuse is, welke keuse hy kan verwerp vir ‘n voorbedagte keuse om heteroseksueel te wees.

Hy skryf: “Dié nuus (omtrent die gay genome) het my stom geslaan. Seer seker is dit manna uit die hemel vir hulle, want dit verskaf substansie aan die bewering dat hul voorkeur aangebore is en nie uit keuse nie”

Indien dit so eenvoudig was om net keuses te kon maak, hoekom dan soveel jong gay mans en vrouens wat jaarliks selfmoord pleeg omrede hulle nie homoseksueel wil wees nie, en wat nie hulle natuurlike seksuele orientasie kan aanvaar nie, nog minder met hulle godsdiens of selfs peerdruk kon versoen nie!!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top