Die kyk-vuur knetter slaperig...

  • 1

...terwyl ons skinder oor die voor-en nadele van generiese manipulasie van groente- en vrugtesoorte om dit bestand te maak teen siektes , droogtes en ander peste. “Dit kan ook daartoe lei,” sê een kyker (ekskuus, ons noem die vuurtjie wat knetter nadat almal gebraai en geëet het, die kyk-vuur), “dat die mensdom binne ‘n honderd jaar of wat sonder enige skete sal wees en dat almal gesond sal wees en baie langer as wat nou die geval is sal leef”.

“Sal dit oukei wees om met die mens se genoom te neuk, soos om God te speel ?” ( of dan ... om evolusie te tart )

“Miskien nie nou nie, maar kyk hoe gaan dit in die wêreld aan. Oor ‘n honderd jaar is hierdie plek ‘n heel anderste plek om in te leef, die mens kan homself in ‘n ‘superras’ in kweek.”

Die gesprek draai wyd oor die moontlikhede. ‘n Super-intelligente, gesonde, terminaalsiekte-vrye menslike beskawing. Hoekom sal die mensdom, as hy dit kan vermag, nie doen nie ?

“Ja hoekom nie ?”..... “en ’trussie’ vry!” blaas hy die gesprek aan.

Hê....? ! Elkeen neem ‘n sluk van sy rooietjie as teenvoeter vir die pas verorberde cholesterol en tuur soos dit vir my lyk, instemmend in die vlammetjies in.

Verlede week was hulle pertinent oor die radio en in die gedrukte media. Dit alles oor die moontlikheid dat daar ‘n merker in die DNA kan wees wat op ‘n ‘gay-geen’ dui.

Dié nuus het my stom geslaan. Seer seker is dit manna uit die hemel vir hulle, want dit verskaf substansie aan die bewering dat hul voorkeur aangebore is en nie uit keuse nie.

Maar, kom ons agter, daar is ‘n worry.

Dit blyk dat Lesbiërs (al opgemerk dat tydens inbelprogramme oor homoseksualiteit dit net ‘vroue’ is wat inbel en nie die ‘manne’ nie ) bekommerd is. Want indien die ‘geen’ gevind sou word, is die vrees dat toekomstige normale moeders hul embrio’s kan laat ondersoek en as dit ontdek sou word dat sy ‘n nageslag sou baar wat gay sou wees, hulle die ‘gay-geen’ kan laat ‘uitsny’!

Sal daar in die toekoms normale ouerpare wees wat nieteenstande en welwetend sal voortgaan om ‘n gay-oriënteerde kind in die wêreld in te bring ?

Terwyl die kyk-vuurtjie vrolik knetter, lig ons andermaal die rooietjie. So iets het die potensiaal om uiteindelik die einde van die gay fenomeen te beteken.

“Ouens,” wonder ek, “waarom sou gays bevrees wees dat hulle tot uitsterwing gekweek sal kan word ?”

Rustig knetter die kyk-vuurtjie.

Gesundheit !

Raed-na-Gael

  • 1

Kommentaar

  • In die argument hierbo, al wat dan reggekry sal word is om die wat werklik gay gebore is (en daar is ongetwyfeld baie van hulle) totaal vanuit die gay-formule te verwyder, terwyl diegene wat gay word of gay dade pleeg vir heel ander redes, (en daar is ook baie van hulle) die gay ideaal sal laat bly voortsit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top