As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?
Ek sou graag prins Pondicherry wou wees, die karakter van wie Charlie se oupa Joe hom vertel in Roald Dahl se Charlie & the Chocolate Factory. Dié prins se paleis is glo deur Willie Wonka gebou. Die bakstene wat met sjokoladesmeer ingemessel is en die sjokoladekrane waaruit vloeibare sjokolade stroom as mens dit oopdraai, is vir my twee van die redes waarom ek graag in die prins se skoene wou wees – tot sy paleis in die Indiese son smelt.
Naomi Meyer hou van lees, skryf en eet. Sy hanteer LitNet se Kos & Wyn-afdeling en hoor graag via e-pos van die restaurant-ervarings van lesers wat onlangs gaan uiteet het.