As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?
Ongetwyfeld Bart Nel. Hy het nie teen die lewe baklei nie, hy het terúgbaklei, met oorgawe. Hy het alles verloor, maar ten spyte van dié stropingsproses homself gebly –tot die bitter einde toe. Hoofkarakters het elkeen ’n plig om hom- of haarself teen karakterontwikkeling te verset: dis die mees betekenisvolle konflik wat ’n boek kan hê.
’n Mens kan dié begrip ook op die "regte lewe" van toepassing maak: God hou nie van sissies nie.
JB Roux is ’n vryskutjoernalis wat hom toespits op skrywers en die boekewêreld. Lees JB se resensies op LitNet se resensie-ruimte.
• Keer terug na die boekedag-indeksblad.