Boekedag 2012: Derick van der Walt kies ’n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Sekerlik Lucky Marais van Eben Venter se Santa Gamka. So ’n vrolike en gefokuste verbroedering van plig en plesier, in die stigtelike Karoo nogal, is in my boekies prysenswaardig. En Lucky sal altyd op sy voete land, al besef hy dit dalk nie self nie. As jy ’n neusoptrekker is wat Lucky as ’n kansvatter sou wou afskryf: opportunisme is waarskynlik maar net ’n variasie van “survival of the fittest”. En ou Lucky is lekker fiks.

Derick van der Walt is die skrywer van twee bekroonde jeugboeke, Lien se lankstaanskoene en Willem Poprok. Sy eerste volwasse roman, Daan Dreyer se blou geranium, maar lig soos ’n veertjie, sê Derick, het in April by Kwela verskyn. Lien se lankstaanskoene word eersdaags verfilm. Lees meer hier.

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top