As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?
Charlie in Charlie and the Chocolate Factory deur Roald Dahl. Charlie se gesin is brandarm en eet elke aand ‘n brousel van koolsop. Willy Wonka, die beroemde sjokolateur, bied egter ‘n uitkoms deur vyf goue kaartjies in sy sjokolade weg te steek. Vir die kind wat die kaartjie in die hande kry, wag daar ‘n avontuur soos min. Die storie neem my terug na my eie kinderjare en my eie strewes en drome as kind.
Christo van der Rheede is uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut. Lees 'n essay van Christo van der Rheede op LitNet.