As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?
Ek sou graag die haas Hazel wou wees in Watership Down van Richard Adams. As ek die boek reg onthou, hou Hazel sy kop baie mooi bymekaar onder groot druk wanneer sy gemeenskap bedreig word, maar wat my eintlik bygebly het, is hoe hy aan die einde van die storie so rustig besluit dat hy sy liggaam nie meer nodig het nie en dit dan in ’n sloot laat lê. Ek wil ook met soveel vrede van die lewe afstand doen wanneer die tyd aanbreek. Mens moet weet wanneer om te veg vir iets en wanneer dit oukei is om te laat gaan.