Boekedag 2012: Andries Visagie kies 'n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Sonja Loots se Sirkusboere is nog vars in my geheue en ek sou my graag in die skoene van haar karakter Ben Viljoen wil verplaas, al is dit net vir ’n rukkie om aan die begin van die vorige eeu deur St Louis in Amerika te kan wandel en saam met Piet Cronjé op die Ferris Wheel tydens die wêreldtentoonstelling in St Louis te kan ry. Sonja Loots se heerlik sintuiglike beskrywing van St Louis het my verbeelding aangegryp en my laat verlang na ’n reis in die verlede en na ’n stad wat ek glad nie ken nie.

Andries Visagie is professor in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Universiteit van Pretoria, resensieredakteur van Tydskrif vir letterkunde en betrokke by die nuutgestigte Afrikaanse Skrywersunie. Lees hier meer oor die unie.

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top