Skryfkompetisie: "Blou Oktober"

  • 6

Dit was vandag somer in die winter.
Die roesbruin blare het gewaai in die wind.
By jou rusplek was dit stil
die gras is kort en die lap blomme is al wit
soos die son elke dag op jou skyn.
"Die Here is my Herder."
Sewe jaar is soos môre
’n blou Oktober in ’n glaskas
want soms verdwaal ek nog op dieselfde pad.
Vanoggend het ek gewonder
of die hemel so ver verby die vlees van Sy wolke kan wees?
Want sommige dae is jy hier
en ander is jy weg
maar dan is daar die foto's
dié wat jy vir my geplak het in boeke met woorde,
jy het geweet ek sal jou moet onthou.
Ek onthou meer die goeie dinge vandag,
jou lag, jou sitplek, jou reuk,
jou "how much" in Engels, jou uitkyk oor die see
ons ewige praat oor die een, die badkamerstiltes,
jou hande, ek onthou vandag jou hande
en die laaste slaap sag klop aan my kamerdeur.
"Die Here is my Herder."
Tien minute
selfs ’n skree of ’n traan is al wat ek vra
want vandag by jou rusplek, Ma,
wou ek net nog een keer jou stem hoor
en met jou praat oor almal wat daarbo langs jou sit.
Veral oor al die gedigte wat ek aan jou opdra.
En nog tienduisend keer sê ek is lief vir jou.
Vandag wou ek nog net een keer
vir jou vra "Ma, wat gebeur hierna?"
want gister was een keer te veel,
hierdie wêreld en meeste van sy mense het verander.
Maar ek wil nog steeds soos jy wees vandag.
Sonder om te huil oor al die sleg en die grys van wees.

Sewe jaar is soos môre
’n blou Oktober in ’n glaskas
want soms verdwaal ek nog op dieselfde pad.

-Vir my Ma-

"Die Here is my Herder"

(1952–2003)

Skryf hier in:

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Vrou wat ek onthou

  • 6

Kommentaar

  • Avatar
    Julie Grunewald

    Wat 'n pragtige skryfstyl. So hartroerend. Wel gedaan Melanie. Jy Gaan dit nog baie ver bring in die lewe van die digkuns.

  • Melanie, jou hart was reeds twee weke lank in skerwe toe ek die dag my pa moes begrawe het, slegs 'n paar grafte van jou mamma! Ek het besef ek was nie die enigste 18-jarige wie se wêreld inmekaar gesak het nie en “Die Here is my Herder” is op hul grafstene graveer. Dit het ek eers gesien jare nadat ek teruggekeer het SA toe en my hart het weer die ou "memories" teruggebring.
    Hul sal vir ewig in ons voortleef al is hul stoele leeg en hul stemme stil! Dankie vir die great gedig!

  • Dit is die mooiste diepste offer vir n MA. Voel of mens langs jou by MA se graf staan en jou diep seer deel.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top