Blitsonderhoud met Alettie van den Heever oor die Adam Small-fees 2020

  • 0

Remona Voges het met die skrywer, Alettie van den Heever, oor die Adam Small-fees wat van 21 tot 23 Februarie in Pniël plaasvind, gesels. 

Alettie van den Heever (foto: Retha Ferguson)

Hallo Alettie. Wat maak die Adam Small-fees vir jou spesiaal?

Die feit dat ’n denker vir wie die gemeenskap sentraal was met so ’n intieme fees geëer word.

Was jy al vantevore in Pniël of sal dit jou eerste keer wees?

Ek was al deur Pniël, maar nog nie regtig in Pniël nie.

Kan jy asseblief vertel waaroor jy by die fees gaan gesels?

My debuutroman, Stof, wat in 2081 in ’n post-apokaliptiese Wes-Kaap afspeel. Die hoofkarakter, Ampersand, kom oorspronklik van Kiefmor, wat op Kylemore gebaseer is. Sy moet aan die begin van die roman na Hardekraal en Meconium, wat in vandag se Bellville geleë is, ry. Dit was juis toe ek dié pad nagery het dat ek deur Pniël gery het.

Na watter items op die program sien jy nog uit?

Etienne van Heerden se praatjie oor Die biblioteek aan die einde van die wêreld en die Adam Small-gedenklesing.

Wat is jou gunsteling Adam Small-aanhaling?

watte’ lô
God’s lô
man’s lô
devil’s lô
watte’ lô 
sê die mense net
de lô
de lô
de lô
de lô 
what abou’ de lô
what abou’ de lô

Laai die volledige feesprogram hier af:

Adam Small-fees 2020: program

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top