Die skrywer Chris Karsten, wat in Kanada woon, was in Suid-Afrika vir die bekendstelling van sy nuutste boek, Die Respektabele Meneer Hartslief.
Margarethie Bredenkamp het by Waverley Biblioteek en Graffitti-boekwinkel in Lynnwood ’n paar foto’s geneem waar Thys Human as gespreksleier opgetree het. Thys het onder andere beklemtoon dat Chris die "grense" tussen ontspanningsleesstof en letterkunde uitdaag en verskuif. Sy taalgebruik is keurig en toon respek vir sy leser. Hy doen moeite om sy karakters veelvlakkig en elk met sy eie mankemente uit te beeld.
Foto's van die twee geleenthede:
Die Respektabele Meneer Hartslief
Eben Pienaar van NB-Uitgewers, Chris Karsten, skrywer van Die Respektabele Meneer Hartslief, Tosca de Villiers, en Thys Human, wat die gespreksleier was.
Thys Human in gesprek met Chris Karsten. Thys het opgemerk dat Chris in verskillende registers van Afrikaans skryf en dat sy karakters, alhoewel hulle van die “verkeerde kant van die spoorlyn kom” nie noodwendig vloekwoorde gebruik nie.
Karen Dry van NB Uitgewers by Sam Cooper, bibliotekaris van Waverley Biblioteek.
Rianda, Wilna Visagie en Mariaan van Wyk gesels oor die interessante karakters in die boek.
Eben Pienaar en Sonja Janse van Rensburg
Sonja Janse van Rensburg en Chris Karsten
Annatjie van Wyngaard is baie besig om te tweet #livebooks.
Die paparazzi was bedrywig – Annatjie van Wyngaard agter die lens.
Die boekwinkel was gepak. Die gaste word altyd genooi om aan ’n prystrekking deel te neem.
Seloma Palmer het al die pad van Benoni af gekom om die boekbekendstelling by te woon en was baie in haar skik met Anchen Troskie se boek Vermis op Allesverloren wat sy gewen het.
Vicus du Preez was die wenner van Kruispad deur Deon Opperman.
Ann van Zyl het Krake deur Peet van Staden gewen.
Chrisna Eloff het Buys deur Willem Anker gewen.
’n Paar van Chris Karsten se boeke wat op Graffiti in Lynnwood se rakke is.
Deborah Steinmair, skrywer en taalpraktisyn, saam met Renée Conradie.
Chris Karsten besig om boeke vir sy bewonderaars te teken.
Erika Murray-Theron het seker gemaak sy kry ’n getekende kopie van Die Respektabele Meneer Hartslief.
Chris saam met sy skoondogter, Ilse, en seun Udo. Voordat Chris terug is Kanada toe, het hy en Udo in Brixton en omgewing rondgery om seker te maak dat die plekke in sy boeke baie akkuraat beskryf word.
.
Lindie Archer, Eben Pienaar en Ronel Kelso van NB-Uitgewers
Phyllis Green tussen die boeke, soos dit die boekeredakteur van Sarie betaam
Renée Conradie en Erika Murray-Theron
Sonja by die feestafel
Sam Cooper, Rianda en Mariaan van Wyk. Mariaan het vir die eetgoed gesorg.
Rice Krispies-suigstokkies
Skrywer se skoen?
Foto's © Margarethie Bredenkamp