Akademiepryse 2017: Die Proteaprys vir beste Geskiedenisverhandeling in Afrikaans en die Generaal Christiaan de Wet-beurs aan Anneke van Heerden – commendatio
2017-06-23"Ten spyte van die feit dat die meeste argivale dokumente oor die Suiderkruisfonds verlore geraak het, het me Van Heerden deur goeie navorsing ook daarin geslaag om 'n akademiese narratief oor hierdie grootliks vergete organisasie te skryf en die baanbrekerswerk wat dié fonds ten opsigte van die sosiale en maatskaplike versorging van 'n hele geslag Suid-Afrikaanse soldate verrig het, te boek te stel."