Wendy Maartens

Wendy woon en werk in Kleinmond.

Haar passie is om kinders te help om hulself, hul leefwêreld en mekaar oor kultuurgrense heen beter te verstaan deur die stories oor hul komvandaan.

Wendy beskou haarself as “a keeper of South African legends and folktales”. Haar kanonisering van volksverhale, legendes, ware stories, heldeverhale, dierestories en spookstories is ’n belangrike skat in die Suid-Afrikaanse storielandskap.

Haar werk is al vertaal in onder andere Engels, Xhosa, Sotho, Venda, Zoeloe en Duits. Sy doen gereeld radiopraatjies oor haar boeke en skryf die agterbladrubriek vir die tydskrif Lééf.

Haar grootste droom is “dat gesinne weer tyd sal maak om die stories van hul komvandaan om die etenstafel te koester. Dat elke dorp weer ’n storieverteller sal hê wat laatmiddag op die dorpsplein stories uit die kontrei vertel. Maar bowenal dat ons sal leer om stilte die praatwerk te laat doen, sodat ons kan onthou dat ons almal deel van dieselfde universele verhaal is.”

Hierdie skakel op LAPA se webwerf bevat ’n bygewerkte lys van Wendy se boeke: https://lapa.co.za/Skrywers/wendy_maartens

’n Onderhoud met Wendy Maartens oor Sankind lees die wind

Louise Viljoen (JBay), Wendy Maartens Skrywersonderhoude 2024-07-03

"Sankind lees die wind is ’n bundel kortverhale gebaseer op tradisionele Sanstories. Dit is oorspronklik neergepen deur Gideon Retief von Wielligh, broerskind van Voortrekkerleier Piet Retief en eertydse landmeter-generaal van die ZAR. Wendy Maartens het dit pas vir kinders verwerk."

Op Jeugdag dink ek altyd aan Hector Pieterson se ma

Wendy Maartens Menings 2023-06-29

Hector se ma: "Ek is dankbaar Hector is deel van ons land se geskiedenis. As sy dood kan help om mense te versoen, was dit nie verniet nie."

Erfenisdag 2013 en Suid-Afrikaanse helde en ikone

Wendy Maartens, Naomi Meyer 2013-09-25 "Enigiemand wat aspirasies het om ’n held te word, gaan wreed ontnugter word. Die meeste mense oor wie ek vir hierdie boek navorsing gedoen het, was doodgewoon."
Top