Wendy Anthonie

Ek is ’n 63-jarige Karookind wat betotteld is oor my dorp. Ek lief stories skryf uit my kinderdae, vrek oor die reuk van ’n nuwe boek, is sielsongelukkig as ek sonder pen en papier is en het ’n onheilige affair met woorde.

Raymond is my liefde van 43 jaar. Ek het drie volwasse kinders en twee kleinkinders. Ek geniet tans ’n tweede kans op die lewe nadat ek breinsjirurgie oorleef het. My drome laat my soggens opstaan. Ek werk tans as PA vir die burgemeester en besit/bestuur die INKkoorsteater op die dorp. My leuse is: "If you can see it, you can be it!"

Maandae was annerdag was, en Dinsdae strykdag

Wendy Anthonie Elders gesien 2019-01-28

"En toe hardloop die nostalgie met my teen honderd myl per uur terug na my kleintyd en ma se Dinsdae-stryk-ritueel. Sy het eers elke stukkie wasgoed natgespat, opgerol en soos worsrolletjies styf langs mekaar in die groot sinkbad gepak."

Nuwejaar 1961

Wendy Anthonie Fiksie 2018-04-26

"Met ’n grondvaal gesig teen die motorruit besef ek kleintyd die wonder van ’n Karoo-aand – onmeetlik stil met duisend handtasbare sterretjies wat aan die firmament skitter."

Baaikaap

Wendy Anthonie Fiksie 2018-04-26

"Die woord bicarb (bicarbonate of soda) het met so ’n lekker Amerikaanse inslag uit my Kapenaar-pa se mond gerol."

Onderhoud: Wendy Anthonie oor haar pryswennerverhaal

Wendy Anthonie, Naomi Meyer Reis 2015-06-23

"Ek het 'n hele paar keer met die geel bus gery. Anders as  die lorrie, wat slegs twee piepklein vensters gehad het, het die bus hope  gehad, maar die sitplekke was van metaal/plaat en yskoud onder jou alie."

Oom Dawid se rooi lorrie

Wendy Anthonie Reis 2015-04-01  Oom Dawid de Klerk se bekendheid as karweier het wyer as die Karoovlaktes gestrek. Ewe bekend was sy granaatrooi lorrie met die dik wange, lang dek en houtkappie. Wanneer die houtkap afgehaal is, is brandhout, bakstene en bousand vervoer. Word die kantrelings opgeklap is skaap, bees of selfs perde na buurdorpe en stede aangery. 1968. […]
Top