Tom McLachlan

Tom McLachlan het aan die Universiteit Stellenbosch en die Rhodes-universiteit gestudeer. Ná ’n kort draai in tersiêre en sekondêre onderwys sluit hy hom in 1979 by die destydse Taaldiensburo in Pretoria aan en is sedertdien in die taalpraktyk as vertaler en taalversorger werksaam, met Afrikaans as sy spesialisgebied. In die Staatstaaldiens word hy mettertyd ’n spesialisvertaler en -redigeerder van wetgewing en vorder tot hoof van die Subdirektoraat Afrikaans. Sedert 2002 is hy verbonde aan die Direktoraat Taaldiens van Unisa. In 1995 word hy verkies tot die Taalkommissie van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en dien in die eindredaksiekomitees van sowel die 9de as die 10de uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS). Hy dien ongeveer sewe jaar lank as ondervoorsitter van die Taalkommissie en was ook vanaf 2012 tot 2013 voorsitter. Hy was ’n stigterslid van die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans, ’n substruktuur van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT). Sedert sy aftrede einde 2014 woon hy op Onrusrivier en werk steeds as vryskuttaalpraktisyn.

’n Reaksie op Gerda Odendaal se lesing tov die herstandaardisering van Afrikaans

Tom McLachlan Menings 2023-04-03

"Is dit hoegenaamd (finansieel of taalkundig) haalbaar om ’n handboek in ’n niestandaardvariëteit te skryf en te publiseer, of dieselfde handboek in die standaardvariëteit plus een vir elke ander variëteit? En indien ’n leerder sy/haar skoolloopbaan grotendeels in ’n niestandaardvariëteit sou deurloop, hoe raak dit sy/haar naskoolse lewe in byvoorbeeld tersiêre studie of die wêreld van werk en loopbane?"

Oor Kaaps en herstandaardisering: ’n mening

Tom McLachlan Seminare en essays 2020-11-02

"Hoe word Kaaps of Kaapse Afrikaans gedefinieer?"

Oor Afrikaans en sy veelbesproke voortbestaan: ’n mening

Tom McLachlan Seminare en essays 2017-11-08

"Natuurlik sal Afrikaans nie uitsterf voordat die laaste spreker daarvan nie gesterf het nie, en solank dit nog nie gebeur het nie, sal variëteite van Afrikaans ook bly voortbestaan." 

In memoriam: Anton Prinsloo

Tom McLachlan, Ernst Kotzé, Frikkie Lombard In memoriam 2016-02-24

"Ek hoop nie ouderdom of Alzheimers ontneem my ooit die herinneringe aan Anton nie, want my lewe is breed verryk deur sy kollegialiteit en kennis, sy vriendskap – trouens, sy hele menswees."

Oor Afrikaans en die toekoms daarvan

Tom McLachlan Seminare en essays 2015-12-03

"As die hoëvlakgebruik van Afrikaans nog verder afgeskaal word, is daar weinig hoop dat die ander inheemse tale beduidende vordering sal maak."

Top