Tim du Plessis

Tim du Plessis werk tans as ’n onafhanklike joernalis en politieke skrywer. Tot einde Junie 2022 was hy ’n konsultantredakteur vir die produksiemaatskappy wat nuus- en aktuele inhoud vir kykNET vervaardig. Hy is reeds 46 jaar in die media.

Tim het sy loopbaan as ’n verslaggewer by Beeld in Johannesburg begin. Hy was onder meer redakteur van The Citizen, Rapport en Beeld.

Hy skryf ’n tweeweeklikse rubriek vir Rapport en is ’n gereelde deelnemer aan besprekingsprogramme op TV oor politiek en openbare kwessies.

Tim het in kommunikasiekunde en joernalistiek aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit en die Universiteit van Stellenbosch gestudeer.

In 1992/1993 het hy ’n akademiese jaar aan die Harvard Universiteit in die VSA deurgebring as ’n Nieman Fellow.

As dié artikel verlede jaar geskryf was

Tim du Plessis LitNet25-skrywersberaad 2025-04-22

"Afrikaanse joernalistiek se beste kans op langtermynoorlewing is bes moontlik in die hande van ’n nuwe generasie joernaliste wat die DNS van die digitale wêreld beter bemeester as hul voorgangers én wat nuwe oplossings en toepassings kan bedink."

Tyd vir die burgerlike samelewing om weer hande te vat?

Freek Robinson, Tim du Plessis Onderhoude 2023-01-04

Tim du Plessis sê Suid-Afrikaners is vandag byna weer waar ons in die tagtigs was – met ons rûe teen die muur. Toe was dit die burgerlike samelewing wat die regering gedwing het om te verander. Hoe nou gemaak? En hoe kan gewone mense help? Watter organisasies het die vermoë om ’n verskil te maak?

Tim du Plessis resenseer Ester deur Kerneels Breytenbach

Tim du Plessis 2015-01-05 "Ester se storie in Breytenbach se hande is ’n stuk leesvreugde van begin tot end."
Top