Susanne Pike

Ek is in ’n plattelandse dorp, Groblersdal, in Mpumalanga gebore.

My skoolopleiding het ek te Juniorskool Willem Grobler, Laerskool Julian Muller en Hoërskool Ben Viljoen ondergaan. Ek het in 1980 gematrikuleer. Ek verwerf my BA(Ed)-graad, met Afrikaans en Bybelkunde as hoofvakke, in 1984.

In 1985 begin ek skoolhou by Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria, waar ek vir 18 jaar my geliefde moedertaal, Afrikaans onderrig. Na ’n persoonlike tragedie verhuis ek in 2003 na Mtunzini in KZN, waar ek vir ’n kort tydperk by Empangeni-hoërskool skoolhou. Vanaf 2004 is ek weer terug in Pretoria en is sedertdien ’n onderwyseres by Pretoria High School for Girls.

Ek is in 2002 getroud met Wayne Pike. Ons het nie kinders nie, maar twee miniatuurworshondjies en ’n praatsiek papegaai.

Ek het in 2015 ernstig begin verse skryf en my debuutbundel, Inkspoor, is in 2016 vrygestel.

Ek geniet dit om in die tuin te werk en te verf. My filosofie oor die lewe? “Die lewe gebeur met ’n mens. Dit is hoe jy dit hanteer wat die verskil maak.”

Ek is ook ’n ambassadeur vir Afrikaans.com.

’n leksel leef

Susanne Pike Poësie 2016-11-18

"as woorde klippe word
en jy opfetus
om gesteen te wees ..."

Top