Steyn Kleynhans

Steyn is ’n Brakpanner van afkoms en het in 1981 aan die HTS Brakpan gematrikuleer. Daarna studeer hy eers vir twee jaar argitektuur aan Tuks voordat hy van plan verander en oorskakel na teologie. 

Na diensplig en daarna twaalf jaar as voltydse NG-predikant, bedank hy en waag hy homself op verskeie terreine voordat hy uiteindelik weer vir tien jaar terugkeer na die kerkwerk – as musiekdirekteur. Tydens al hierdie jare was musiek (klavier) en skryf sy grootste liefdes. Hy produseer ’n instrumentele CD en terselfdertyd word verskeie van sy gedigte in twee versameldigbundels (Pasta van ’n kloutervoël, Kreativ SA, 2014 en Om woorde los te maak, poësie en verskuns, 2015) gepubliseer. Een van sy sketse is eenmaal deur Ian Wessels op RSG voorgelees.

Sy grootste ambisie is egter om romans te skryf en hopelik sal daar eendag iets uit sy pen verskyn. Tans woon hy in Strand langs die mooie Valsbaai se kus en hou hy homself besig met musiek en allerlei ander aktiwiteite. 

“Never look back with anger and never look forward in fear” en “alles word bepaal deur tyd en geleentheid” is sy gunsteling-lewensmotto’s. 

  • Foto: verskaf

Parkrun

Steyn Kleynhans Fiksie 2021-07-06

"Ek sien plat magies en boepense aankom en soos hulle na die ander kant toe verdwyn is daar elke vorm van ’n boud om te besigtig. Vetboude, maerboude, langboude, kortboude. Drilboude en stywe boude."

Varsgebreek suck

Steyn Kleynhans Fiksie 2021-06-15

"Nee, ek soek nie na mooi, heel skulpies nie. Dis te gewoon. Ek hou van die stukkies wat oorgebly het na die see sy breekwerk gedoen het."

Bleddie dokters

Steyn Kleynhans Fiksie 2021-05-16

"Boet het daardie jaar die hardste gebid ooit, toe die prostaatkanker hom gevat het. Hy was nog altyd, as dit by geloofsake kom, ’n agterbanker. Letterlik en figuurlik. Geloofsake was nie hoog op sy agenda nie. Maar kanker laat gryp jou na strooihalms."

Divine reason

Steyn Kleynhans Fiksie 2021-05-03

"Behalwe Breggie. Net jonger as Souf en ’n kerkmens. Rook en drink glad nie. Hare in ’n bolla agter die kop, rok tot teen die ken toegeknoop, bril op die neus. En die enigste van die sewe wat nie klink of sy deur ’n toegepakte skoorsteen asemhaal nie."

Top