Alles lê in die lengte van jou hare
2021-08-10LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Alles lê in die lengte van jou hare lewer Liandé Valentyn ’n dramatiese voorlesing van Stephren Saayman se monoloog wat handel oor ’n vrou wat afreken met traumatiese gebeure uit haar kinderjare.
NATi Jong Sterre: Ek, Eva-produksie by Suidoosterfees 2020
2020-11-20"Hierdie produksie handel oor vrouwees. Dit volg die storie van drie verskillende vroulike figure wat deur ’n sisteem onderdruk word. ’n Sisteem wat bestaan uit patriargie, armoede, verlies, seer, ongeluk en vrees. Dit lê klem op die verskillende klasse van die samelewing soos hoër klas, middelklas en laer klas. Dit wys hoe vroue eintlik nie so ver van mekaar geskei is nie, want wat die een raak, het ’n effek op die ander een, ens." Hierdie geleentheid vind 22 November om 12:00 plaas.
"Die maskers word afgehaal en kwesbaarheid word voor die gehoor neergelê"
2020-03-11Stephren Saayman is ’n jong opkomende akteur en teatermaker. Sy groot liefde lê by die skryf en maak van opregte en hartroerende teater. Twee van sy teaterproduksies, Dankie, maar nee dankie! en Ek Eva, is vanjaar by die KKNK, Suidoosterfees en Vrystaatkunstefees te sien.
