Roela Hattingh

Roela Hattingh is ’n skrywer/strateeg/dosent by Flow Communications. Tot onlangs was sy ’n dosent by Vega School of Brand Leadership. Sy stel belang in hoe nuwe betekenis geskep word. Haar MA in kreatiewe skryfkuns by die Universiteit van Pretoria, onder leiding van Henning J. Pieterse, is getitel “Kamee: ’n bundel kortverhale en ’n miniverhandeling: die vergestalting van skuld en vergifnis in 30 nagte in Amsterdam (Etienne van Heerden)”. Sy het in 2009 ’n artikel oor ’n kreatiewe persoon se ervaring tydens die skryf van ’n akademiese artikel oor die kreatiewe proses in Literator gepubliseer. In 1914 ontvang sy die Marius Jooste-prys vir die beste (MA-) verhandeling in Afrikaanse kreatiewe skryfkuns, asook die NB-Uitgewersbeurs vir skeppende skryfwerk vir ’n verdienstelike (MA-) verhandeling; in 2012 ontvang sy die Charles Freysen Award for Teaching Excellence; vanaf 1998 ontvang sy Pendorings en Loeries as kunshoof vir haar studente se werk. Roela skryf kortverhale en vryskutkopie, maak kunstenaarsboeke en bied kreatiwiteits- en skrywerswerkswinkels aan. Sy het aan die volgende groepuitstallings deelgeneem: Oor die Einders van die Bladsy by die FADA-galery (Universiteit van Johannesburg), die Woordfees te Stellenbosch en NWU Potchefstroomkampus in 2010; Creative Creatures, Aardklop 2007; Ansisters, Constitution Hill in 2006; Searching for a Saviour, Art Africa, 2005.

Die Mannheim-sage 2: Die goudkewers deur Lerina Erasmus: ’n resensie

Roela Hattingh Resensies 2017-11-22

"Lerina Erasmus verwerk die piritiese erts van Johannesburg, die rommelerts van ons land se hartseer geskiedenis, sodat die sianiedproses in die smeltkroes ’n witwarm storie uitgiet met karakters waarmee lesers kan identifiseer."

SALA 2017: Die stories binne-in ons Suid-Afrikaanse lywe

Roela Hattingh Menings 2017-11-21

"Dit is die storie van die ystervark. Die dier met baie penne (alle Suid-Afrikaanse skrywers) wat die storie van ons land, ons gemeenskap, die wêreldomvattende waarhede en kulturele estetika vertel."

'n Suburbsong of dalk stadslied  

Roela Hattingh Poësie 2016-06-01

"ek sien al drie die Jo’burg-torings van ons balkon ..."

Gedig: So lank

Roela Hattingh Poësie 2016-05-17

"Daar’s ’n nuwe strand daar anderkant
’n goeie uitkykplek
met oorgenoeg dryfhout en stroke hardloopsand
en vreemde skulpiesoekgoed."

Om vredeswil

Roela Hattingh Fiksie 2016-04-28

"Hy fantaseer hoe hy op die balkon staan en vir die jillende masse die vredespille gooi."

Bietjie bietjie maak baie

Roela Hattingh Fiksie 2016-04-20

"Soekie hoor die boeke val voor sy wakker word. Die deur van haar kamer stamp stamp stamp teen die boekrak."

Onderhoudend: Roela Hattingh

Roela Hattingh 2014-11-11 "30 nagte in Amsterdam is hoeka ’n 'storie' wat wys hoe taal gebruik kan word om te onderdruk en te bevry."

Bokskiet, bokspring en bokjol: skuld- en vergifnisrituele in 30 nagte in Amsterdam (Etienne van Heerden)

Roela Hattingh, Henning Pieterse 2014-10-08 Roela Hattingh en Henning Pieterse lewer in hierdie artikel ’n ondersoekende blik op die rituele van skuld en vergifnis soos dit in 30 nagte in Amsterdam, ’n roman deur Etienne van Heerden (2008), vergestalt word.

Die begeerte om met taal te werk …

Roela Hattingh 2014-02-27 Roela Hattingh, ’n dosent by Vega School of Brand Leadership en kopieskrywer, reageer op Angeliqué van Niekerk se LitNet Akademies-artikel.
Top