'n Suburbsong of dalk stadslied  

  • 2

Johannesburg (foto: Wikipedia)

ek sien al drie die Jo’burg-torings van ons balkon –
waarvandaan sal stilte en asem en ruimte en tyd kom?
Dit kom van God
wat kwantum en kwartels uitgedink het.
Hy sal nie toelaat dat kommer oorneem en lag verdwyn nie.
God speel nie wegkruipertjie nie.
Hy hou jou vas.
Die Een wat al die stories in alle tale ken, sal jou nooit los nie.
Hy beskerm jou teen twyfel.
Hy laat jou trots en ego verdwyn.
Hy sal jou altyd help, of jy dit weet of nie.
van nou af en vir altyd.

  • 2

Kommentaar

  • Magda de koker

    Die belofte bring vertroosting vir 'n wêreld met sy seergemaakte natuur en bang mense. En die voëls van die hemel vlieg onbekommerd want hulle ken die belofte. En as die honger pla kom haal 'n valkie maar een van my seun se vliegduiwe.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top