Rianne van Vuuren

Rianne van Vuuren is ’n toekomskundige en Wikipediaan van Pretoria. Hy dien ook as ’n horisonskandeerder by die Instituut vir Toekomsnavorsing (IFR). Hy is ’n boorling van Bloemfontein en was vir 40 jaar in die staatsdiens werksaam en het onder meer in Pretoria, Wene en Beijing diens gedoen.

In 1985 verwerf hy ’n BA-graad met Politieke Wetenskap en Internasionale Politiek as hoofvakke aan die Universiteit van Suid-Afrika. In 1986 voltooi hy ’n BA Honneurs in Internasionale Politiek aan die Universiteit van Pretoria en in 1987 ’n BA Honneurs in Politieke Wetenskap aan dieselfde universiteit. In 2004 verwerf hy ’n Meestersgraad met lof aan UNISA. Die tema van sy proefskrif is “Kern-nieverspreiding: Die Suid-Afrikaanse ervaring in globale konteks”. In 2016 het hy sy doktorsgraad in Toekomsstudies aan die Bestuurskool van die Universiteit Stellenbosch verwerf. Die tema van sy proefskrif is “Informasieoorlogvoering as toekomstige Suid-Afrikaanse nasionale veiligheidsbedreiging”.

Hy bied die radiopraatjie/podsending “Môre onder die Soeklig” aan op Radio Overberg en Afrikaans.radio. Hy is ’n administrateur en veteraanbydraer op die Afrikaanse Wikipedia en sedert 2023 ’n gereelde radiobydraer oor die werksaamhede van die Afrikaanse Wikipedia.

Van mens tot masjien: Wikipedia en die voortbestaan van betroubare kennis

Rianne van Vuuren Menings 2026-08-12

"Wikipedia se konsensusmodel kan onder druk kom wanneer menslike redakteurs nie meer seker is of hulle met ander mense of met gekoördineerde KI-stelsels kommunikeer nie."

Toekomsstudie-perspektief: Wat sal die impak van Marikana op Suid-Afrika wees?

Rianne van Vuuren 2012-09-20 "Gaan die gemeenskaplike-oogmerk-moordklag en die U-draai (nadat dit uit verskeie oorde veroordeel is) in die toekoms beskou word as rigtinggewend vir Suid-Afrika of nie?"

YouTube-onderhoud: Rianne van Vuuren

Rianne van Vuuren 2011-11-17 Toekomsstudies is relatief jonk – dis nie voorspellings nie, maar daar word na die toekoms gekyk met moontlike alternatiewe van wat kán. Toekomsstudies is ’n praktiese instrument om iets te beheer wat ons nog gedeeltelik kan bepaal. Rianne ...

Toekomsstudie: Instrument vir toekomsskepping

Rianne van Vuuren LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2011-07-28

"Om oor die toekoms te dink, is ’n aktiwiteit wat sedert die begin van die beskawing deur die mens beoefen word. Die mens is ’n wese vir wie die toekoms ’n werklikheid is en gevolglik streef die mens daarna om toepaslike beelde van toekomstige realiteite (futura) te skep."

Toekomsstudie: Instrument vir toekomsskepping

Rianne van Vuuren 2011-07-28 Om oor die toekoms te dink, is ’n aktiwiteit wat sedert die begin van die beskawing deur die mens beoefen word. Die mens is ’n wese vir wie die toekoms ’n werklikheid is en gevolglik streef die mens daarna om toepaslike beelde van toekomstige ...

Inligtingsoorlogvoering, die opkomende magprojekteringinstrument: soeke na ’n definisie

Rianne van Vuuren LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-07-31

"Inligtingsoorlogvoering het ’n integrale deel van bykans alle internasionale konfliksituasies geword, met die mees prominente onlangse voorbeelde die Hamas-Israel-konflik, die Estland–Rusland-kuberoorlog en die Georgië-Rusland-oorlog."

Top