Pieter Kapp was van 1986 tot 1999 professor in geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch. Voor dit was hy agtereenvolgens senior lektor (1972-1978) en professor aan die RAU (1979-1985). Aan die RAU was hy ook studentedekaan en direkteur van die Instituut vir Amerikaanse Studies. Hy was van September 1999 tot Julie 2001 voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en is ook skrywer van die boek Draer van ’n droom oor die Akademie se honderdjarige geskiedenis. Hy is die ontvanger van die Stalsprys vir geskiedskrywing, die erepenning vir die bevordering van geskiedenis, en erelidmaatskap van die Historiese Genootskap van Suid-Afrika en van die Akademie. Sy navorsingsterrein is die geskiedenis van internasionale verhoudinge en aspekte van die kultuur- en intellektuele geskiedenis van die Afrikaner, waaroor hy al heelwat geskryf het. Hy is sedert die begin van 2002 ’n navorsingsgenoot in die Departement Geskiedenis aan die Universiteit van die Vrystaat.
Opgedateer/Updated: 2011-11-16
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za