Pieter Duvenage

Pieter Duvenage is ’n filosoof en skrywer wat hom oor dekades heen met die vraagstukke van werklikheidsbeskouing, politiek, etiek en die moderne samelewing besig hou. Hy het sy doktorsgraad in 1994 voltooi met ’n studie oor die denke van Jürgen Habermas en het vir baie jare filosofie aan verskillende Suid-Afrikaanse universiteite doseer, asook akademiese bestuursposte beklee. Sedert 2025 is hy buitengewone professor in filosofie aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroom). Hy woon net buite Stellenbosch. Duvenage is die outeur van meer as 50 akademiese artikels en verskeie boeke. Sy jongste boek, Bewegende Denke: Praktiese wysheid en kritiese hermeneutiek in onstuimige tye, het pas by Naledi verskyn.

André du Toit (1938–2026): ’n Filosoof tussen geskiedenis en gewete

Pieter Duvenage Seminare en essays 2026-04-02

"Met die heengaan van André du Toit verloor die land nie net ’n vooraanstaande politieke filosoof nie, maar ook iets skaarser: ’n intellektueel wat oor dekades heen die spanning tussen geskiedenis en geregtigheid met besondere integriteit beliggaam het."

Jürgen Habermas (1929–2026): die filosoof van openbare redelikheid in ’n onredelike tyd

Pieter Duvenage Menings 2026-03-18

"Vir baie Afrikaanse Suid-Afrikaners voel die nuwe Suid-Afrika vandag soms vervreemdend. Daar is by baie mense ’n gevoel van verlies aan invloed, van kulturele onsekerheid en soms ook van politieke marginalisering. Hierdie gevoelens moet nie eenvoudig weggewys word nie."

Wyngaard Weekliks: Het die president te veel mag?

Heindrich Wyngaard, Oscar van Heerden, Pieter Duvenage Onderhoude 2026-03-03

In hierdie eerste video-aflewering van Wyngaard Weekliks bespreek Heindrich Wyngaard die oënskynlik toenemende verplasing van ministeriële funksies na die Presidensie. Sy gaste is die politieke kommentators Pieter Duvenhage en Oscar van Heerden.

Tussen huis toe gaan en onderweg bly. ’n Repliek oor geloof, tradisie en bewegende denke

Pieter Duvenage Seminare en essays 2025-12-23

"Daar is tekste wat ’n mens nie onverskillig lees nie. Nie omdat jy noodwendig met alles daarin saamstem nie, maar omdat dit iets raak wat lank reeds onder die oppervlak van ’n generasie se selfverstaan lê. Johann Rossouw se LitNet-bydrae oor geloofsbesering, verlange en die pad 'huis toe' is só ’n teks."

Breyten Breytenbach – ’n besinnende en kritiese waardering

Pieter Duvenage In memoriam 2025-01-27

"Kortom, dit gaan hier oor ’n voorlopige waardering (as tipe huldeblyk) wat die volgende motiewe in sy kuns en besinnende werk onder die loep neem: jeugherinneringe, ’n komplekse spiritualiteit, vervreemding en ballingskap, politieke verset en aktivisme, en taal as ruimte van mag en weerstand."

Hoe lees ons Van Wyk Louw vandag

Pieter Duvenage Menings 2022-06-06

"Hoe is ’n Afrikaanse lewe moontlik onder die dwingelandy van ’n magsentralistiese en rasgedrewe regime wat geen ruimte buite sy Engels-gedomineerde voorskrifte duld nie? Kan ’n jong Van Wyk Louw weer na vore tree in ’n land waar ’n openbare Afrikaanse universiteit toenemend ontsê word?"

Albert Camus: Existentialism, the Afrikaans world, and the task of the connected intellectual

Pieter Duvenage Academic research 2018-02-27

"Albert Camus (1913–1960) was a thinker whose thinking is still haunting and troubling us. In this contribution the focus is not only on his international career, but his thinking is also contextualised with reference to the Afrikaans and South African world."

Albert Camus: Eksistensialisme, die Afrikaanse wêreld en die taak van die verbonde intellektueel

Pieter Duvenage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-02-27

"Albert Camus (1913–1960) was ’n denker wie se denke steeds van belang is. In hierdie bydrae word daar nie net op sy internasionale loopbaan gefokus nie, maar word sy denke ook in terme van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse wêreld gekontekstualiseer."

Karel Schoeman – die Goethe van Afrikaans

Pieter Duvenage In memoriam 2017-05-05

"Hierdie geniale, lang, elegante en uiters private man wat soveel mense se lewens geraak het – sonder dat hy werklik bewus daarvan was. Iemand wat die grootste hoogtes in ’n klein en brose taal bereik het."

Praktiese wysheid (fronesis) in ’n verdeelde samelewing

Pieter Duvenage 2013-07-31 "In hierdie bydrae word die begrip praktiese wysheid (“fronesis”) ondersoek en krities verken. Die begrip het sy wortels in Aristoteles se werk."

Gerrit Brand (1970–2013)

Pieter Duvenage 2013-03-08 'n Begrafnisdiens vir Gerrit Brand vind plaas op Saterdagoggend 9 Maart 2013 om 10:00 in die NG Moederkerk Stellenbosch.

Politokrasie: Koos Malan se skerp bemoeienis met die territoriale staat

Pieter Duvenage, Pieter Duvenage 2011-08-25 Koos Malan se werk Politokrasie, met die subtitel “die dwanglogika van die territoriale staat”, verdien ’n wye leserspubliek onder Afrikaners in die besonder en Suid-Afrikaners in die algemeen.
Top