Paul André Blom is in 1970 in Kaapstad gebore. Sy liefde vir musiek en rolprente het vroeg ontwikkel en tot die maak van beide gelei. Hy het ook oor albei begin skryf. In sy pre-tienerjare het sy smaak veral in die alternatiewe rigting geskuif.
Hy het sy BA-graad by die Universiteit Stellenbosch verwerf, en het daarna die Cape Town Film & Television School bygewoon.
Hy bedryf ’n aantal vermaaklikheidswebblaaie, ontwerp webtuistes en is saam met Sonja Ruppersberg die medeskepper van ’n aantal rolprentfeeste. Sedert die middel-80’s sluit sy alternatief geklede musiekbetrokkenheid in: Terminatryx, V.O.D (Voice of Destruction), The Makabra Ensemble, F8, Moral Decay en K.O.B.U.S. Al sy musiek-, rolprent- en ander projekte val onder sy Flamedrop Productions, en kan gevind word by http://www.PaulBlom.com.
’n Kombinasie van Paul se musiek- en rolprentproduksie kan in sy nuutse musiekvideo van sy groep Terminatryx gesien word by http://www.youtube.com/watch?v=lDiRabFQXvg.