Nicolaas Geldenhuys woon in Pretoria. Hy skilder af en toe sy waarnemings met woorde, dowwe impressionistiese tonele met die hale van die kwas tog duidelik sigbaar. In die werklike lewe is hy ’n forensiese ondersoeker met ’n meestersgraad in Forensiese Ondersoek en is besig met ‘n doktorsgraad in die strafreg.