vii

  • 0

god-die-bloekom staan wyd gesprei
hy strek sy arms hadida-wyd en saans-benoud

god tinktinkie die oomblik fyn
vermenigvuldig elke dag sy ongelooflike kleinheid    hy is likied en hibried hy is water wat lewe skink

in die middag staan en fuif hy    rooi tamaties dikgelyf
en gee vir die siel uit die tenk 
uit die tuinslang totdat jy laataand van hom oorloop

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top