
skoenlapper
nav ’n tv-onderhoud met ’n verlamde man
die blou oë van erik holm
talm
by ’n skoenlapper
meteens ’n helder ossillerende kleurvaart
deur die oggendlug weg
god is daarin vir hom
in die wind en reën teen sy gesig
dis mooi en reg
en vir hom genoeg

