Michele van der Merwe

Michele van der Merwe is medeprofessor, en tans voorsitter, in die Departement Kurrikulumstudie aan die Universiteit Stellenbosch (US), waar sy die grade BA, BA Hons, MA en DLitt in Afrikaans en Nederlands verwerf het. Haar professionele kwalifikasies sluit ’n BTech (Onderwys: Naskools) (cum laude) aan Technikon SA in. Sy is ’n NNS-geëvalueerde navorser, en haar navorsingsfokus is leksikografie, vakleksikografie, opvoedkundige leksikografie, taalkunde-onderrig en korpuslinguistiek. Sy het al verskeie referate by nasionale en internasionale konferensies gelewer, en ook artikels in geakkrediteerde vaktydskrifte gepubliseer. Michele is ’n wenner van die Nuffic-beurs vir nadoktorale navorsing by die Universiteit van Leiden in Nederland, ’n Erasmus+-mobiliteitsbeurs vir navorsingsbesoeke aan die Universiteit Hildesheim, Duitsland, en ’n mobiliteitsbeurs vir ’n besoek aan die Katholieke Universiteit Leuven, België. Sy was besoekende navorser aan die Arhus Besigheidskool in Denemarke, Universiteit van Valladolid in Spanje en Humboldt Universiteit in Duitsland. Sy lewer ’n gaslesing in die Emlex-meestersprogram (European Masters in Lexicography). Sy dien in die redaksie van Lexikos en Per Linguam. Haar sosiale-impak-projekte sluit die Suid-Afrikaanse Drietalige Wynindustriewoordeboek (finalis vir ’n  ATKV-Woordveertjie vir leksikografie), sowel as die MobiLex-glossarium in, onderskeidelik deur Winetech en UCDG befonds.

Subject-related resources about Afrikaans Home Language to support academic subject vocabulary of education students: a comparative corpus investigation

Jana Nel, Michele van der Merwe Academic research 2025-09-25

"[A]cademic vocabulary features as one of the most significant influences on students’ academic performance, as academic literacy cannot be developed without a solid understanding of academic vocabulary."

Vakverwante hulpbronne oor Afrikaans Huistaal ter ondersteuning van ’n akademiese vakwoordeskat van onderwysstudente: ’n vergelykende korpusondersoek

Jana Nel, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-09-25

"Terminologie speel ’n bepalende rol in taalontwikkeling. Daarby loop die Afrikaanse vaktaal die gevaar om as wetenskaptaal te verdwyn indien vakkundiges, taalpraktisyns, vertalers en lekegebruikers nie ’n daadwerklike poging aanwend om Afrikaanse terme te skep, te benut en te versprei nie."

The use of task-based activities in Afrikaans Home Language Grade 4: a comparative analysis

Antoinette van der Hoven, Michele van der Merwe Academic research 2025-07-14

"The comparative analysis of the two textbook series shows that there is a real need for a conceptual framework to guide the use of a task-based approach to grammar education."

Die gebruik van taakgebaseerde aktiwiteite in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vergelykende ontleding

Antoinette van der Hoven, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-14

"Hierdie vergelykende ontleding van die twee handboekreekse toon dat daar ’n werklike behoefte aan ’n konseptuele raamwerk bestaan wat taalkunde-onderrig, volgens die taakgebaseerde benadering, kan rig."

Task-based grammar education in Afrikaans Home Language grade 4: an innovative approach

Antoinette van der Hoven, Michele van der Merwe Academic research 2023-11-27

"Language is described as an instrument for thought and communication which affords learners the opportunity to collect knowledge, to share their identity, feelings and ideas with self-confidence, and to manage their own reality."

Taakgebaseerde taalkunde-onderrig in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vernuwende benadering

Antoinette van der Hoven, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-11-27

"Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie wat leerders bemagtig om kennis te versamel, hulle identiteit, gevoelens en idees met ander te deel en om hulle realiteit te bestuur."

’n Korpusgedrewe benadering tot taalonderrig in Afrikaans

Michele van der Merwe Seminare en essays 2023-11-16

"Die term korpus beteken letterlik 'liggaam', en op die gebied van taalstudie verwys korpus tipies na ’n 'body of texts', ’n versameling van tekste. ’n Korpus is elektronies beskikbaar en kan uit miljoene gesproke en geskrewe woorde bestaan. Dit bevat outentieke taalgebruik en weerspieël dus werklike taalgebruik van taalgebruikers."

Hoe belangrik is ’n boek soos Pharos se KABV-geskikte Grondslagfasewoordeboek? ’n Onderhoud met Michele van der Merwe

Naomi Meyer, Michele van der Merwe Skole 2022-08-16

"Ek wil ’n pleidooi tot die Departement van Basiese Onderwys rig dat woordeboeke nie as aanvullende leermateriaal nie, maar wel as verpligte, voorgeskrewe leermateriaal in skole beskou word. Elke klaskamer moet oor ’n voldoende aantal woordeboeke beskik, sodat onderwysers dit daagliks in lesse kan integreer. As ander Afrika-lande dit kan doen, waarom nie ook ons nie?"

The bridging of pedagogical and technological pedagogical knowledge gaps of Afrikaans Home Language teachers

Ria Taylor, Michele van der Merwe Academic research 2022-04-08

"The investigation determines how teachers develop and broaden their own knowledge bases with regard to the integration of learning technology in order to supplement gaps. The role of the teacher as a lifelong learner was therefore also raised in this investigation."

Die oorbrugging van pedagogiese en tegnologiese pedagogiese kennisleemtes van Afrikaans Huistaalonderwysers

Ria Taylor, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-04-08

"Die ondersoek bepaal hoe die onderwysers self hul eie kennisbasisse ten opsigte van leertegnologie-integrasie ontwikkel en verbreed ten einde leemtes aan te vul. Die rol van die onderwyser as lewenslange leerder kom gevolglik in dié ondersoek ter sprake."

Focused tasks for the communicative teaching of grammar in the Afrikaans Home Language classroom: a first exploration

Nadine Fouché-Karsten, Marné Pedro, Michele van der Merwe Academic research 2021-11-10

Nadine Fouché, Marné Pedro and Michele van der Merwe: "In addition, we show that a task-supported grammar lesson can deviate from the design based on the present-practise-use style with which it is usually associated."

Gefokusde take in die Afrikaans Huistaal-klaskamer vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika: ’n eerste verkenning

Nadine Fouché-Karsten, Marné Pedro, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-11-10

"Dit is ’n unieke toevoeging tot literatuur oor taakgebaseerde taalonderrig binne die konteks van die Afrikaansklaskamer, aangesien die meerderheid navorsing fokus op die gebruik van take om ’n hele sillabus saam te stel om natuurlike taalverwerwing te bevorder en taakgebaseerde taalonderrig afbaken tot slegs ’n tweede- of vreemdetaalkonteks …"

Blended learning in the Afrikaans Home Language classroom: teaching approaches and learning technology in harmony

Ria Taylor, Michele van der Merwe Academic research 2021-10-26

"The results of the case study indicate that technology can be the 'vehicle' with which the skills needs of the 21st-century learner can be met through the Afrikaans Home Language curriculum."

Vermengde leer in die Afrikaans Huistaal-klaskamer: onderrigbenaderings en leertegnologie in harmonie

Ria Taylor, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-10-26

"Hierdie tydperk van afstandonderrig het ook mettertyd in ’n tydperk van hibriede leer (’n variasie op vermengde leer) verander, want onderwysers het terselfdertyd aangesig tot aangesig en virtueel leerders onderrig."

Word ’n aanlyn resensent: ’n multimediagids vir die onderwyser vir ’n resensieles

Marné Pedro, Michele van der Merwe Skole 2020-05-26

Hierdie artikel dien as toeligting vir onderwysers om leerders te help rondom die skryf van sinvolle filmresensies.

Top