Melodie Nöthling Slabbert

Melodie Nöthling Slabbert is tans ’n professor in die Departement Jurisprudensie, Universiteit van Suid-Afrika. Sy spesialiseer in geneeskundige reg en etiek, asook reg en letterkunde. Sy behaal die grade MA (1989) en DLitt (1991) aan die Universiteit van Pretoria, en LLB (1995) en LLD (2000) aan Unisa. Sy keer in 2003 van Adelaide, Suid-AustraliÑ‘, terug, waar sy geneeskundige reg en etiek gedoseer het. In 1996 word sy as advokaat van die Hooggeregshof toegelaat. Haar navorsingsbelangstellings is interdissiplinêr: Sy het talle navorsingsartikels in verskeie dissiplines gepubliseer. Wanneer sy nie aan die hersiening van hoofstuk 8 van die Nasionale Wet op Gesondheid werk nie, is sy besig met afrondings aan ’n artikel oor die vreemde teenwoordigheid van honde in mediese illustrasies en anatomie-demonstrasies uit die Middeleeue, wat hopelik binnekort verskyn. Sy het onlangs ’n kritiese artikel oor die Nasionale Navorsingstigting (National Research Foundation) gepubliseer en hoop dat ernstige debat oor die rol van die NNS en ewekniebeoordeling gevoer kan word. Op die oomblik is haar gunstelingskrywers Jonathan Safran Foer, Orhan Pamuk en Bernhard Schlink.

 

Opgedateer/Updated: 2009-11-05

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

"Lentestorie" deur Melodie Slabbert

Melodie Nöthling Slabbert 2011-11-09 noudat jy oud is
vertel ek vir jou stories:
ons aamborstige vuurtjie
hét nog asem al pleister
die wind ons huis met sneeu

"Verjaarsdagliedjie" deur Melodie Slabbert

Melodie Nöthling Slabbert 2011-11-09 ek onthou jou, son-kind
hoogty in die park

– die brander het amper omgeslaan! –

"Vuurlelie" deur Melodie Slabbert

Melodie Nöthling Slabbert 2011-11-09 ek is ’n vuurlelie
nie baie mooi nie
ek versier maar net die puin
Top