Vuurlelie
ek is ’n vuurlelie
nie baie mooi nie
ek versier maar net die puin
na elke brand staan ek weer op
en beur verby klip,
breek deur stoppels gras en as
ek skil die stomgebrande veld
en ek staan op,
my winterbloed skommel soos kwik
ek groei robuust
want ek is ’n vuurlelie
nie baie mooi nie
ek versier maar net die puin
of ek met die vlamme spot
ja of ek met die vlamme spot
![]() |



