Lentestorie
noudat jy oud is
vertel ek vir jou stories:
ons aamborstige vuurtjie
hét nog asem al pleister
die wind ons huis met sneeu
ek herroep mites en legendes
luister hoe lap die stilte sy eie stiltes
en vul ons sneeuverhaal verder in:
daar’s geeste in argiewe
en miswolke in my woorde
maar nou waak ek oor jou drome:
lente kom dan dans die windklingels uitbundig
want winter self verwelk
en om die kuslyn versag ’n gletser stadig
klop somer en sonar klop lyfmusiek
klop somer en sonar klop lyfmusiek
![]() |



