Martina Viljoen

Martina Viljoen is ’n navorsingsgenoot aan die Odeion Skool vir Musiek, Universiteit van die Vrystaat. Sy publiseer oor onderwerpe wat verband hou met himnologie, kulturele musikologie en kritiese musikologie, en was die gasredakteur van ’n uitgawe oor kritiese teorie en musikologie in The International Review of the Aesthetics and Sociology of Music van Junie 2005. Sy het deelgeneem aan ’n internasionale navorsingsprojek oor Suid-Afrikaanse kwaitomusiek wat in The World of Music (50(2), 2008) gepubliseer is. Viljoen het bygedra tot die eerste internasionale publikasie oor godsdiens en kletsrym wat in 2014 by Routledge verskyn het, en was die redakteur van Musics of the Free State: reflections on a musical past, present, and future wat gedurende 2015 in die internasionale reeks “Musicology without borders” gepubliseer is. Meer onlangs was sy die redakteur van die boekpublikasie A passage of nostalgia: the life and work of Jacobus Kloppers, SunBonani Scholar, 2020.

 

Musical meaning and metaphors of liminality in Coenie de Villiers’s song art

Joanita Erasmus-Alt, Martina Viljoen Academic research 2024-03-27

"This article aims to examine the Afrikaans singer Coenie de Villiers’s use of music-related metaphors in a selection of his lyrics to highlight the often elusive, liminal nature of the human condition."

Musikale betekenis en metafore van liminaliteit in die liedkuns van Coenie de Villiers

Joanita Erasmus-Alt, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-03-27

"Die doel van hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die wyse waarop musieksimbole en -metafore in ’n aantal van Coenie de Villiers se lirieke gebruik word om die liminale aard van die menslike kondisie te beskryf."

MK as a cultural phenomenon: A documentation and thematic analysis of the channel’s rise and influence on the formation of marginal Afrikaner identity

Magdalize Carstens, Martina Viljoen Academic research 2023-01-31

"While the Afrikaans nostalgia brand foregrounded exclusivist ethnocentric tendencies associated with the 'De la Rey' subculture, Zef culture was seen as being supportive of a subversive, heterodox Afrikaner counterculture."

MK as kultuurverskynsel: ’n Dokumentering en tematiese ontleding van die kanaal se opkoms en invloed op die ontwikkeling van marginale Afrikaner-identiteite, 2005–2013

Magdalize Carstens, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-01-31

"Ons literatuur, onderhoude, asook argiefondersoek het die lied/video 'De la Rey' en Die Antwoord as sosiale verskynsel as twee van die mees invloedryke identiteite wat met MK vereenselwig is, na vore gebring. Deur MK se bemiddeling het beide verskynsels kultusstatus bereik."

"Look at me": Nataniël’s self-fashioning

Joanita Erasmus-Alt, Martina Viljoen Academic research 2021-02-01

"As (apparently) genderless outsider, Nataniël’s artistic meta-text thus simultaneously mediates exceptional visibility and invisibility. Such self-fashioning, underlining contrasting aspects of his persona, empowers him to engage in a wide range of role play."

"Kyk na my": die beeldvorming van Nataniël

Joanita Erasmus-Alt, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-02-01

"Terwyl sy artistieke (self)beeldvorming sy seksualiteit tegelyk beklemtoon en onderspeel, word hy in sekere kringe as ’n gay-ikoon gesien. Nietemin fokus sy vertellings en lirieke nie op homoërotiek as oorkoepelende tema nie, maar eerder op andersheid."

Hybridity and authenticity as cultural markers in the music of Nico Carstens

Susanna Louw, Nicol Viljoen, Martina Viljoen Academic research 2018-12-11

"The question on which we focus highlights the ways in which Carstens, both as a composer and as a piano accordion player, succeeded in enriching traditional boeremusiek idioms by way of the fusion of a variety of musical influences and styles in order to produce a stylised, yet highly accessible and marketable South African popular music identity."

Hibriditeit en outentisiteit as kulturele merkers in Nico Carstens se musiek

Susanna Louw, Nicol Viljoen, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-12-11

"Die vraag waarop daar gefokus word, belig die wyses waarop Carstens as komponis en trekklavierspeler daarin geslaag het om tradisionele boeremusiekidiome deur middel van ’n versmelting van verskillende musikale invloede en style te verryk tot ’n gestileerde, dog hoogs toeganklike en bemarkbare Suid-Afrikaanse populêre-musiek-identiteit."

Patriotic songs as ideological discourse: a figurative semiotic analysis

Charla Schutte, Martina Viljoen Academic research 2017-11-02

"The analysis therefore indicates that figurative expressions such as patriotic songs may act as powerful political instruments with a view to nation-building and the strengthening of ideological beliefs."

Patriotiese liedere as ideologiese diskoers: ’n figuratiewe semiotiese ontleding

Charla Schutte, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2017-11-02

"In hierdie opsig mag figuratiewe vorme soos patriotiese liedere, soos ons geredeneer het, kragtige politieke instrumente word ter vergestalting van nasiebou, -eenheid en -trots, en verteenwoordig dit op hierdie wyse 'betekenis in die diens van mag'."

Hans Huyssen’s Little Portrait of the World: Allegorical Wind Quintet with Narration (1993)

Martina Viljoen, Nicol Viljoen Academic research 2015-10-08

"The research question posed by the article focuses on the degree to which programmatic and symbolic elements of storytelling in Little Portrait aid in highlighting the composer’s commitment to matters of an existential nature."

Hans Huyssen se Little Portrait of the World: Allegorical Wind Quintet with Narration (1993)

Martina Viljoen, Nicol Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-10-08

Martina Viljoen en Nicol Viljoen ondersoek die mate waartoe programmatiese en simboliese elemente van storievertelling in Little Portrait meewerk om die komponis se verbintenis tot kwessies van ’n eksistensiële aard te belig.

LitNet Akademies-gespreksruimte: Lestie Hughes gesels met Martina Viljoen

Lestie Hughes, Martina Viljoen 2012-11-15 Lestie Hughes gesels met Martina Viljoen oor haar LitNet Akademies-artikel “‘Tussen stasies’: ’n Aanwending van die stylfiguur van die trein in die Afrikaanse musiekvideo”

“Tussen stasies”: ’n Aanwending van die stylfiguur van die trein in die Afrikaanse musiekvideo

Martina Viljoen 2012-10-03 "Hierdie artikel beoog om die musiekvideo 'Tussen stasies' aan die hand van onlangse teoretiserings oor musiekvideo te oordink, en die liedjie ten opsigte van ander sogenaamde treintekste te kontekstualiseer."

LitNet Akademies: Verskuif Lang Lang die interpretatiewe grense van die kunsmusiek-teks – of bevestig hy dit?

Martina Viljoen 2012-05-16 Martina Viljoen lewer kommentaar op Heinrich van der Mescht en Cara Kleynhans se LitNet Akademies-artikel "Die pianis as vertoonkunstenaar: Die Chinese virtuoos-pianis Lang Lang se populêre sukses".
Top