Stefaans Coetzee in gesprek met Marie Lotz
2023-10-25"Ek dink dit sal my kreatiwiteit inkort as ek moet sit en nadink of ʼn toneel gaan werk as dit verfilm word. ʼn Mens moet dit oorlaat aan die draaiboekskrywer en filmmaker."
Maalkolk: 'n onderhoud met Marie Lotz
2023-09-13"Ek twyfel of ek ooit misdaadfiksie as genre sal laat vaar. Die hele ondersoekproses en die raaiselagtigheid daaromheen fassineer my te veel. Tog sou ek graag êrens in die toekoms ʼn historiese roman wou skryf. Verder geniet ek ʼn goeie riller, en as dit ʼn psigologiese riller is, des te meer. Ek sal waarskynlik nog in die toekoms my hand daaraan ook waag."
Polsslag: ’n onderhoud met Marie Lotz
2022-11-15"Deur gewelddadige fiksie te skryf erken ’n misdaadfiksieskrywer dat daar iets bestaan soos onmenslike wreedheid, en dit gee aan my as skrywer die geleentheid om dit te bestudeer. In Suid-Afrika veral is ons baie ingestel op geweld; ons is deeglik bewus van die gruweldade wat deur misdadigers gepleeg word. Om sin te maak daaruit, wend ons ons tot kuns en fiksie. Vir my is dit egter belangrik dat die geweld en grusaamheid in my fiksie nie sinloos is nie."
