Marianne Lomberg

Marianne Lomberg (BVSc Hons) is ’n veearts wat dit geniet om met mense te gesels oor hulle diere – van gedragsprobleme tot plaasdiersiektes tot die beste kos vir hulle honde of hase. Sy was die Dieremaniere-veearts op RSG, het al op 50/50 gesels oor die werk van ’n gedragsveearts, en was ’n gereelde gas op 702 en Cape Talk se troeteldierprogramme.

Marianne het in Europa, die VK en dwarsdeur Afrika gereis vir haar werk, maar deesdae help sy mense en diere nader aan die huis deur ’n nuwe diens wat troeteldiereienaars in direkte kontak sit met ’n veearts wat hulle kan help om te bepaal of hulle dier dringende sorg nodig het.

Nie alle brûe kan ewe veel gewig hanteer nie: ’n resensie van Roads and bridges deur Glynnis Hayward

Marianne Lomberg Resensies 2022-01-10

"Daar’s ’n ander manier om Roads and bridges te beskou: as ’n simboliese storie wat mense wat nie hier grootgeword het nie, ’n vinnige inleiding kan gee tot baie van die faktore wat Suid-Afrika so ’n wonderlike land maak. Ons moerkoffiedrinkende grompotte kan almal nou en dan baat by ’n storie vol hoop en ’n bietjie kondensmelk in ons bekers."

Through your eyes, ’n onderhoud met Marianne Lomberg, wenner van ’n Strelitzia-toekenning

Marianne Lomberg, Yolanda du Toit Skrywersonderhoude 2021-12-15

"Jou taalgebruik en verduidelikings is uniek en manjifiek. Die leser kan letterlik jou woorde omsit in ’n prent. Dis ’n spesiale gawe om so met woorde te kan inkleur."

Ivermectin, vaccines and science – a vet explains

Marianne Lomberg, Izak de Vries Interviews 2021-02-03

"Ivermectin exploits this communication system: it makes it impossible for the different parts of a worm or other parasite to talk to each other."

Ivermektien, entstowwe en die wetenskap – ’n veearts verduidelik

Marianne Lomberg, Izak de Vries Onderhoude 2021-01-25

"Lede van ’n sportspan praat met mekaar, maar binne ’n mens of ’n dier se liggaam gebeur kommunikasie deur spesifieke chemikalieë wat tussen selle rondgestuur word, amper soos briewe. En ivermektien buit juis hierdie kommunikasiestelsel uit: Hy maak dit onmoontlik vir die verskillende dele van ’n wurm of ’n ander parasiet om met mekaar te praat ..."

Top