Louinne is ’n digter en kunstenaar oorspronklik afkomstig van Venda, maar tans gehuisves in Pretoria. Sy het grafiese ontwerp aan die Design School SA studeer, maar besluit dat dit nie heeltemal die regte rigting is nie. Sy skilder vir ’n paar jaar daarna voltyds, en bied ook kunsklasse aan vir groot en klein, waarna sy op haar skryfwerk begin konsentreer en ná haar egskeiding in 2005 dan ook op haar passie vir musiek.