Gedagtes van ’n moonchild …

  • 0

Sy dink baie aande so, die meisie met die naam,
Ek klop aan haar deur en sien haar in die kamer staan ...

Soggens in die spieël plak sy pleisters op gesonde wonde,
en ontsmet hulle daarna.
Van die skeefgeid in haar agterplaas het net stippellyne oorgebly.

Sy vat as sy in die hande kry, Ganjaman … Ganja …
hy weet en loop nie sommer hier verby …

Saans spring gerooktemielies in haar voorhuis rond,
En spuit sy helder spatsels fraksiesekondes van geluk
kaffeïen in haar binneste in …

Vandag verf sy bloedrooi trane bo-oor die sirkels van ’n koerantemat,
Gister se berig herhaal hom: “Aborsiewet wysig – hof dring aan.”
Haar dowwe oë kolk winkende golwe, verwardverstar …
en die huis huil kinderkrete, krakend in die droë stem van
’n moeder wat van rejection ken …

Ek sit sentraal … steun haar staan
en wonder oor haar in eiewaan.

Moonchild, meisie met die naam …
argief vir ribbelings of the mind …

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top