Magrietjie, Magrietjie
jy met jou fyn beduiwelse voelertjies
wat heeltyd aan my son bly vat
jy wat een oggend jou vlerke gesprei het
en in al jou volheid lewe probeer vind het.
Jy is groen want ek is nie,
en geel want ek is hier,
en jy is nie.
Magrietjie, Magrietjie,
ek het jou gedroom
waar jy in hierdie woestyn vol water,
my laaste stukkie son kom steel.
Ek sal nie veg nie, en ek sal ook nie skree,
want jy mag maar probeer.
Jy is dood want ek is nie
en weg want ek is hier,
en jy is nie.

