Lida Krüger

Lida Krüger is ’n dosent in Algemene Literatuurwetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, waar sy ook ingeskryf is vir die Doktorsgraad. Haar proefskrif handel oor die begrippe outensiteit en metadrama in geselekteerde tekste van Harold Pinter, Tom Stoppard en Patrick Marber. Sy is ook betrokke by navorsing van die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap aan Unisa aangaande die bewaring van Suid-Afrikaanse drama- en teaterartefakte. Lida het die Meestersgraad in Engelse Letterkunde in 2009 aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroom voltooi met 'n  verhandeling oor 'n vergelyking tussen die kulturele kontekste van Tsjechof se Die Kersieboord en Janet Suzman se The Free State: A South African response to Chekhov’s The Cherry Orchard.

Teaterresensie: Waterpas

Lida Krüger 2014-08-21 "Hoewel die spanning en die energie van die vertoning heelwat gedaal het teen die vierde bedryf, was die spel oor die algemeen baie goed. Hierdie akteurs ken die genre van komedie duidelik goed en hulle speel gemaklik saam."

Vryfees 2014: Vir ewig en altyd

Lida Krüger 2014-07-30 "Suid-Afrikaanse gehore is geneig om baie maklik op te staan tydens applous, maar in die geval van Vir ewig en altyd was die staande ovasie welverdiend."

Vryfees 2014: Slaaf

Lida Krüger 2014-07-30 "Soos die karakter Gregor Samsa in Kafka se novelle ... vind Gregory Pieterse ... op ’n dag dat hy onomkeerbaar verander is."

LitNet Akademies-leesgoed: Lida Krüger

Lida Krüger 2014-02-19  

“Wie sal ons onthou?”: Die gehoorlid se ongemaklike posisie in Deon Opperman se “Tree aan!”

Lida Krüger 2013-10-29 Deon Opperman se musiekblyspel oor die Grensoorlog, “Tree aan!: Dit was die dae toe ons troepies was” is vanuit die staanspoor ’n politieke gebeurtenis.

Liefde, Anna en die Suid-Afrikaanse teatergeskiedenis

Lida Krüger, Louis van Niekerk 2013-02-26 Louis van Niekerk gesels met Lida Krüger oor die teaterlegende Anna Neethling-Pohl en die Suid-Afrikaanse teatergeskiedenis soos vergestalt in Liefde, Anna.
Top