Kayla Hartman

Kayla Hartman is op George gebore en getoë, waar sy tans in die groothandel vleisbedryf werk en deeltyds digkuns skryf. Haar passie vir kreatiewe skryfkuns het in 2018 tydens haar hoërskoolloopbaan ontstaan toe een van haar opstelle in 'n nuusbrief gepubliseer is. Haar liefde vir dié kuns het verder ontwikkel toe sy haar oupa se HAT - wat hy as jong student op onderwyskollege gebruik het - as geskenk ontvang het. Buiten hierdie belangrike bron van woordkennis, word sy ook daagliks geïnspireer deur die kompleksiteit van menswees en die stil krag van die natuur. Sy het veral belangstelling in musiekgeskiedenis en die Afrikaner-psige en versamel graag memorabilia vanuit die Voëlvry-era. In haar vrye tyd waardeer sy graag ou Afrikaanse musiek oor 'n koppie kardemomtee terwyl sy op haar ligblou Royal-tikmasjien dig.

Vryheid is ’n illusie

Kayla Hartman Poësie 2025-06-26

"Janis Joplin 
sing van blues en bandanas
op ’n trip in Louisiana
en haar Bobby McGee"

Herfs in my hart

Kayla Hartman Poësie 2025-06-19

"Maak wel ’n wyse keuse 
oor watter blare gly
anders sal jy dalk teen somer
sonder blare bly"

Die stiltes tussen ons woorde

Kayla Hartman Poësie 2025-01-23

"dat dit die stiltes
tussen ons
woorde
is
wat my hart
jou huis maak"

Karoo-engel

Kayla Hartman Poësie 2025-01-16

"Verlaat jou Nguni-huisie
gooi weg jou padkaart
maak jou arms oop
en vlieg jou Hemelvaart"

Top