
Foto: Canva
Die stiltes tussen ons woorde
Op rare geleenthede
wanneer jou oë dwaal
na ’n skrefie sonlig
wat dans op die vloer
teen die meubels
vee oor jou gladde handpalm
in die draaiende
groewe van jou vingers
soos ’n optiese illusie
wegkruip
observeer ek
met my haselbruin irisse
en outydse
uitkyk op die lewe
die buitelyne van jou profiel
dan besef ek
in hierdie uiters alledaagse
tog revolusionêre
agste van ’n
sekonde
dat dit die stiltes
tussen ons
woorde
is
wat my hart
jou huis maak


Kommentaar
Die manier waarop jy stilte in so 'n betekenisvolle deel van die gedig verweef, is betowerend. Dit spreek van 'n diepte van verbinding wat woorde nie heeltemal kan uitdruk nie, maar jy vang dit perfek.
Dis ongelooflik topklas. Ek dink dis super.
Jy het dit, Kayla! Ek is super opgewonde oor jou loopbaan as digter. Jy verwoord so sekuur en verfynd. Prima!