Karoo-engel

  • 3

Foto: Canva

Karoo-engel

Sweef soos
’n arend
jou vlerke
gesprei
uit stof en tuimelkruid
word die woestynfeniks vry

Met glinsterende stralekrans
die brandende bos
ons Heiland is lewend
Hy sal jou verlos

Die dorheid van doringboom
’n smagting na reën
die sluise sal ontsluit
ontvang die seën

Donderwolke oor die vlaktes
basuine in jou hart
jakkals trou met wolf se vrou
vergeet van al jou smart

Verlaat jou Nguni-huisie
gooi weg jou padkaart
maak jou arms oop
en vlieg jou Hemelvaart

  • 3

Kommentaar

  • Die gedig vang die krag van geloof en vernuwing pragtig vas. 'n Ware inspirasie wat hoop bring!

  • Tanya Viviers

    Ek is diep geruk en geraak. Wat 'n treffende en roerende gedig. Soveel word met so min vermag - elke woord sekuur geplaas om die digter tot 'n verlossende Hemelvaart te laat ontstyg.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top