Vryheid is ’n illusie

  • 0

Foto: Canva

Vryheid is ’n illusie
Huldeblyk aan die blues

Janis Joplin 
sing van blues en bandanas
op ’n trip in Louisiana
en haar Bobby McGee

Want soms is
om goed te voel
genoeg 
en om genoeg te wees
is om goed te voel

Tog
is vryheid
net ’n woord
wat aandui
dat jy niks meer het
om te verloor

Ja, 
tussen die vleilande 
was geluk so
volop soos katvis en krokodil
en die hippies op hul pil

Maar Janis
se psigedeliese stem
kan nét só lank
betower en verberg
want as jy niks het om te verloor nie
het jy iets wat werd is om te hou?

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top