Karien Brits

Karien Brits is ’n dosent in Sepedi as Gesprekstaal by Akademia en het ’n BBk-graad (Bedryfskommunikasie) asook ’n honneurs- en meestersgraad (cum laude) in Setswana aan die Noordwes-Universiteit verwerf. Karien se navorsingsfokus is meertaligheid en taalbeplanning, maar sy stel ook belang in taalverwerwing, morfologie, taaltegnologie en onomastiek. Haar groot liefde vir taalaanleer vind neerslag in die praktyk en sy het die volgende tale op haar kerfstok: Duits, Pools, Spaans, Frans, asook van die Sotho- en Ngunitale. Sy is tans besig om Turks en Russies aan te leer. Haar mees onlangse gepubliseerde werk is ’n artikel in die South African Journal of African Languages oor taalstereotipering en meertaligheid. Akademiese toekennings sluit in die beste honneursstudent in die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Sy is al vir bykans twee dekades in die universiteitswêreld betrokke en was werksaam by die Noordwes-Universiteit, die Adam Mickiewicz-Universiteit in Poznań (Pole) asook die Universiteit van Johannesburg. Sy doseer tans die volgende module: Afrikagesprekstaal (Sepedi) in die NGOS-program, Fakulteit Opvoedkunde.

A postgraduate diploma in language education is indispensable, but what should it look like? An exploratory study

Annelise de Vries, Nic de Jager, DJ Cloete, Monique Alberts, Karien Brits Academic research 2023-10-27

"In a world characterised by globalisation and interconnectedness through digital communication channels, there is a growing eagerness among young individuals to acquire additional languages, recognising the value they hold for personal and professional growth."

’n Verkennende studie vir die implementering van ’n nagraadse diploma in taalonderwys by ’n Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstelling

Annelise de Vries, Nic de Jager, DJ Cloete, Monique Alberts, Karien Brits LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-10-27

"In ’n geglobaliseerde wêreld wat al hoe meer verbind word deur digitale kommunikasiekanale, is jongmense ywerig om bykomende tale aan te leer vir beide hul persoonlike en professionele ontwikkeling."

Jou grendeltyd: Liewe Koos!

Karien Brits Menings 2020-04-30

"Ek het al briewe vir Koos vóór COVID-19 begin skryf. Ja, my tas het ’n naam (en sy eie persoonlikheid!). Ek vertel vir Koos van al my reise voordat hy my tas geword het, en ook van al ons avonture saam. In hierdie tyd word my briewe ’n heerlike ontvlugting na my reisherinneringe en -skandes."

100 dae van fietsry – in Johannesburg

Karien Brits Menings 2020-03-25

"Ek het regtig uit pure frustrasie op my fiets geklim en dit as my vervoer werk toe begin gebruik. Maar daar gebeur iets met ’n mens op daardie ysterperd. Jy leer jouself beter ken en jy ontdek nuwe lae van jou samelewing. Dit is een ongelooflike avontuur – en dit is moontlik!" 

Afrikaans in 'n meertalige Suid-Afrika

Menán van Heerden, Karien Brits Onderhoude 2019-10-16

"Die uitspraak in die Gelyke Kanse-saak is ’n gevoelige slag, maar as ons mense kan oortuig dat ons tale moet gebruik om in te sluit sal Afrikaans en al die ander amptelike tale (ja, ook Engels) bly voortleef." Menán van Heerden gesels met Karien Brits oor Afrikaans se posisie in ’n meertalige Suid-Afrika.

Forensiese linguistiek – spannend en nodig

Karien Brits Seminare en essays 2018-11-01

"As ’n mens die woorde 'forensiese linguistiek' hoor, sien ʼn mens soms die prentjie van bebrilde taalkundiges wat skelms probeer vastrek. ... Hierdie kollokwium, wat vanjaar op 19 Oktober 2018 by Rhodes-universiteit se Skool vir Tale en Letterkunde gehou is, het veel meer om die lyf as net die metodes om skelms uit te vang."

Meertaligheid: Bruegel se twee apies

Karien Brits Seminare en essays 2016-03-18

"Taal is nie die begin en die einde van ontwikkeling nie, maar ons kan ook nie daarsonder ontwikkel nie. Hoe duur is dit om nié in meertaligheid te belê nie?"

LitNet-blog: Is eentaligheid die norm?

Karien Brits Menings 2015-09-10

"Hoekom is dit dan dat die meeste universiteite in Suid-Afrika dan net Engels as onderrigmedium gebruik? Waar is ons ander tale? Watter waarde heg ons aan ons tale – of hou ons nog vas aan die mite dat eentaligheid die norm is?"

Top