Johann Oosthuizen het in Potchefstroom studeer. Hy voltooi sy onderwys-kwalifikasies aan POK en sit sy studies voort by PUKKE waar hy sy meestersgraad verwerf. Na ‘n kort draai in die onderwys word hy dosent by die Cape College of Education en later hoof van rekenaarstudie by die Ndebele College of Education. Met die draai van die millennium verhuis Johann en sy gesin na Havelock North, New Zealand, waar hy tans hoof van Kommunikasie- en Inligtingstegnologie by Napier Boys High School is.
In New Zealand word Johann ook die radiostem agter Afspraak Afrikaans, ‘n radio-uitsending met uitsluitlik moderne Afrikaanse musiek.
Opgedateer/Updated: 2006-10-24
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za